Riool ‘oorval’ gesin in erf

’n Gesin in Rocherstraat is Maandag deur rou riool in hulle erf ‘oorval’.

’n Gesin in Rocherstraat is Maandag deur rou riool in hulle erf ‘oorval’.
‘n Loodgieter het vir hulle gesê dat die probleem by die munisipaliteit lê. Hulle het sedert Maandag probeer om die munisipaliteit oor dié probleem te skakel, maar kon niks uitrig nie.


Uit desperaatheid is raadslid Ina Stolz later geskakel, wat die boodskap aan die hoof van die afdeling gemoeid met infrastruktuur, oorgedra het. Hulle het later self ook probeer skakel, maar die selfoon was af. Uiteindelik het raadslid Chris Landsberg ’n span gekry om die rioolvloei te stop. Daar word vermoed dat die pyp elders verstop was, in dié erf opgestoot het. Die riool het vir ongeveer twee dae in die erf uitgeloop en later ook in die bure se erf.

“As hulle ten minste net vir ons kon sê dat die spanne besig is en dat ons hulle ’n sekere tyd kan verwag, dan weet mens, maar hulle sê net ons moet maar wag,” het die inwoner moedeloos vertel.

 

Die munisipale spanne het dieselfde dag die blokkasie reg gemaak, asook die volgende dag die familie se erf kom skoonmaak. Volgens die eienaar het iemand ‘n mop in die pyp gegooi wat dit geblok het.

Soortgelyke Stories

Riool lek op die hoek van Promosa weg en Read straat

Riool in Wasgoedspruit

Rou riool oorvloei

Exit mobile version