Man vas oor onwettige films

'n 37-jarige man van Mosambiek is in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op ongeveer R55 000 se onwettige films, musiek en die toerusting wat gebruik is om die films en musiek op te neem.

‘n 37-jarige man van Mosambiek is in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op ongeveer R55 000 se
onwettige films, musiek en die toerusting wat gebruik is om die films en musiek op te neem.


Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het twee lede van die honde-eenheid inligting ontvang dat daar by ’n woonstel in OR Tambostraat met onwettige films en musiek handel gedryf word.
Met deursoeking van die woonstel is op verskeie onwettig nagemaakte films en musiek afgekom. Die toerusting wat gebruik is om die films en musiek op te neem, is ook op beslag gelê.


Volgens Chaka het die verdagte Vrydag in die hof verskyn. Die saak is tot 6 Mei uitgestel.
Die areabevelvoerder, brig. Peter Adams, het die goeie werk van die lede geprys.

Exit mobile version