Kar slaan aan die brand by huis

'n Kar het Vrydag middag omstreeks 17:00 in Olivier straat aan die brand geslaan.

‘n Kar het Vrydag middag omstreeks 17:00 in Olivierstraat aan die brand geslaan.

Die kar het glo petrol gelek, waarna dit by die huis aan die brand geslaan het. Die skadunet waaronder die kar gestaan het is beskadig.

 

ER24, Tlokwe Brandweer en Mooirivier Beskerming was op die toneel. Die brandweer het die brand vinnig onder beheer gekry. Geen beserings is aangemeld nie. Die Miederpark buurtwag WhatsApp groep het die nooddienste  bedank vir hulle vinnige optrede.

 

 

Exit mobile version