NewsNews

Toyota bakkie jaag deur muur en tuin

Verlede Donderdag het 'n man in 'n Toyota bakkie deur 'n muur gejaag in Geelhoutlaan. Hy het weggejaag voor iemand hom kon sien. Die eienaar van die huis het binne 'n paar dae die roekelose drywer opgespoor.

’n Vrou het met haar eie speurwerk ’n man opgespoor wat glo deur haar betonmuur en tuin gery het.
Toe die vrou, Mandie van Zyl, Donderdag 21 April laatmiddag by haar huis kom, kon sy nie glo wat sy sien nie.
Die betonmuur voor haar huis was platgery soos wanneer ‘n voertuig met groot spoed daardeur gejaag het. Daar was egter geen voertuig in sig nie.
Haar pragtige tuin is ook verwoes en die een paal van die elektriese hek was platgery. “Dit is duisende se skade,” sê sy.
Binne haar erf op die gras het ‘n beskadigde Toyota kenteken gelê wat gelyk het asof dit van ‘n voertuig afgeruk is. “Ek kon nie glo dat iemand so iets doen en net wegry nie,” het sy hewig ontsteld gesê.

Die Toyota kenmerk wat in die erf agter gebly het.
Die Toyota kenmerk wat in die erf agter gebly het.

Mandie sê haar bure was nie tuis tydens die voorval nie en die gesin in die huis agter haar huis het blykbaar niks gehoor nie. Mandie het ‘n klag by die polisie gelê, maar het besluit om haar eie speurwerk te doen. Na ‘n anonieme wenk oor wat die persoon se naam is, het sy begin rondbel na haar vriende wat op plase rondom Potchefstroom woon. “Ek het toe die outjie opgespoor. Ek het selfs sy pa se nommer gekry en dit vir die polisie gegee,” sê sy. Mandie sê die skuldige het haar om verskoning kom vra en ‘n verklaring by die polisie ingedien wat bevestig dat hy beheer oor die bakkie verloor en so deur die muur is. “Hy gaan alles herstel,” sê sy.
Van Zyl en Christine van der Westhuizen woon al sedert 1992 in die huis in Geelhoutlaan. Hulle het ‘n pragtige tuin waarin al menigte troufoto’s geneem is.

Die bakkie is deur die tuin en die muur.
Die bakkie is deur die tuin en die muur.

Related Articles

Back to top button