Jong ma van Fochville sterf aan Malaria

’n Jong ma van Fochville is onlangs aan malaria oorlede, ten spyte van die feit dat sy jare gelede in ’n malariagebied was. Natalie Cilliers (31), is die derde persoon van Fochville wat kort opeenvolgend, in die Medikliniek Potchefstroom, met malaria gediagnoseer is, het Blake van Aswegen, kliniekbestuurder bevestig. Muskiete bly steeds wêreldwyd verantwoordelik vir …

’n Jong ma van Fochville is onlangs aan malaria oorlede, ten spyte van die feit dat sy jare gelede in ’n malariagebied was. Natalie Cilliers (31), is die derde persoon van Fochville wat kort opeenvolgend, in die Medikliniek Potchefstroom, met malaria gediagnoseer is, het Blake van Aswegen, kliniekbestuurder bevestig.

Muskiete bly steeds wêreldwyd verantwoordelik vir die meeste sterftes jaarliks. Hierdie draers van malaria en nou ook Zika raak daagliks “slimmer.” Volgens prof, Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), is “reistas”-malaria ongewoon. Tóg is daar vanaf Januarie 2014 tot vanjaar, 25 gevalle aangemeld, waarvan die pasiënte in 3 gevalle gesterf het. Reisigers bring onwetend malariamuskiete in hul klere of bagasie saam vanaf malariagebiede. Die gevolge is dikwels dodelik omdat diagnoses te laat gedoen word.

In Natalie se geval is ’n blaasinfeksie aanvanklik by haar gediagnoseer, het haar verloofde, Johan Visser vertel. Sy het al hoe sieker geword en kouekoors, hoofpyn en erge lyfpyn ontwikkel. Op 25 Maart het Natalie haar eksman, Andries Cilliers, gevra om haar na die Medikliniek in Potchefstroom te neem. Haar verloofde, Visser,’n boukontrakteur vir myne, was in Mosambiek. Alhoewel sy volgens Andries nooit in ’n malariagebied was sedert 2007 nie, het die toetse bevestig dat sy malaria het. Sy is op ’n drup gesit en met ’n verwysingsbrief na die staatshospitaal (in Potchefstroom) gestuur, omdat sy nie aan ’n mediese fonds behoort het nie.

Volgens Andries wou Natalie liewer huis toe gaan omdat die staatshospitaal stampvol en chaoties was. Visser se ma (Wilna) het haar die volgende oggend na ’n privaat hospitaal naby Carletonville. Natalie het serebrale malaria ontwikkel en is drie dae later in die privaat hospitaal naby Carletonville oorlede. Visser was langs haar bed. Natalie laat haar ouers, Michael en Marina Keogh, asook haar kinders Katelynne (8) en Franco (5) agter.

Die Anopheles-muskiet, wat grootliks verantwoordelik is vir malaria, is volop is aan die ooskus van Afrika. Dit raak ook toenemend weerstandig teen insekdoders, en bespuiting van kajuite en bagasieruimtes waarborg nie meer uitwissing nie. Alhoewel Zika tans’n skrikbewind in die Amerikas voer, bly malaria steeds ’n groter werklikheid in Afrika, sê Dokter Francois Mouton, ’n algemene praktisyn van Potchefstroom.

*Volgens Van Aswegen het Natalie self versoek om na die staatshospitaal in Potchefstroom oorgeplaas te word.

Bronne: Netwerk 24

 

Exit mobile version