News

Veediewe in lokval vasgetrek

Die polisie het Dinsdag omstreeks 05:00 twee verdagtes vasgetrek wat van veediefstal verdink word.

Die polisie het Dinsdag omstreeks 05:00 twee verdagtes vasgetrek wat van veediefstal verdink word.
Dit het gevolg nadat ’n fynbeplande lokval vir die verdagtes gestel is. Die verdagtes is by die plaas Swartdam op die Eleazerpad in hegtenis geneem. Volgens kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die polisie ’n paar dae gelede inligting ontvang oor mense wat beeste steel. Die veediefstal-eenheid het ’n lokval gestel deur polisielede wat hulself as kopers vir die beeste voorgedoen het.

PC on scene_web
“Die prosedure is in terme van die wet gevolg en het tot die inhegtenisname van die twee verdagtes gelei. Daar is ook 18 gesteelde beeste teruggekry,” het Mokgwabone gesê.
Verskeie boere is na die toneel om te kyk of die beeste aan hulle behoort, waarna een eienaar die meeste van die beeste as haar beeste geïdentifiseer het. Die twee verdagtes, onderskeidelik 47 en 37 jaar oud, is op die toneel aangehou totdat die eienaar van die beeste die diere kon identifiseer.

Die eienaar kom identifiseer haar beeste
Die eienaar kom identifiseer haar beeste

Die 47-jarige verdagte het glo onlangs uit die tronk gekom nadat hy 15 jaar tronkstraf uitgedien het vir gewapende roof. Die ander verdagte het gehuil toe die polisie hom in hegtenis neem. Die verdagtes het reeds op ‘n aanklag van veediefstal in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.
Provinsiale Kommissaris, lt.-genl. Baile Motswenyane, wat ook op die toneel was, het die goeie samewerking tussen die gemeenskap en die polisie geprys.
“Al hoe ons misdaad suksesvol kan bekamp is as ons saamwerk,” het Motswenyane gesê.
In ’n ander voorval is ’n lid van die polisie in Biesiesvlei in hegtenis geneem nadat ’n vermoedelik gesteelde skaapkarkas in sy voertuig gevind is.

Die veediefstal eenheid hard aan die werk.
Die veediefstal eenheid hard aan die werk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button