Ongeluk-slagoffers stabiel

’n Ma en haar seun wat Dinsdag na ’n ongeluk in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem is, is albei nou stabiel.

’n Ma en haar seun wat Dinsdag na ’n ongeluk in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem is, is albei nou stabiel.
Die ma en seun het verkies om anoniem te bly. Die ander vrou wat in die botsing betrokke was, Elize Earle, sterk goed aan in Mediclinic Potchefstroom.


Sy het haar arm gebreek maar het Woensdagoggend in ’n stabiele toestand uit die teater gekom.
Diana King, woordvoerder van Mediclinic Potchefstroom, het bevestig dat die 18-jarige seun, ook in Mediclinic, in ’n stabiele toestand is.
Die ongeluk het Dinsdag omstreeks 12:30 op die hoek van Govan Mbekiweg en Nelson Mandela-rylaan plaasgevind. ER24 was genoodsaak om ’n 45-jarige vrou, wat verskeie frakture opgedoen het, per helikopter na Milpark in Johannesburg te vervoer. Dié ma en haar seun was in die voertuig vasgekeer en moes uitgesny word.
Nooddienste het vinnig reageer en die hele optrede was binne ‘n uur afgehandel. ER24, Netcare 911, Tlokwe Brandweer, die polisie, asook die Tlokwe verkeersdepartement, was op die toneel. Die oorsaak van die botsing word nog ondersoek.

Vorige storie

Ma en seun kritiek na ongeluk

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version