NewsNews

Familie rou na hond se skietdood

'n Familie is baie ontsteld nadat hulle hond verlede Donderdag omstreeks 17:00 in die Suid-dorp geskiet en later uitgesit moes word.

‘n Familie is baie ontsteld nadat hulle hond verlede Donderdag omstreeks 17:00 in die Suid-dorp geskiet en later uitgesit moes word. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was ‘n man en vrou besig om in die tuin te werk toe hulle hond, Stoffie, oor die muur na die bure gespring het. Na ‘n rukkie het hulle ‘n skoot gehoor. Stoffie se eienaar was erg getraumatiseer en volgens sy dogter, Mari Pretorius, het haar pa nie eers gesien dat Stoffie oor die muur gespring het nie. Na hulle die skoot gehoor het, het hy gehardloop waar hy Stoffie sien lê het. “Die buurman het vir my pa die hek oopgemaak en aan Stoffie probeer vat, toe byt Stoffie na hom. Maar toe my pa daar kom was hy heel rustig,” het Pretorius gesê. Hulle het Stoffie, ‘n Jack Russel/worshond-kruising, na die veearts van Paws geneem, maar omdat X-strale nodig was, is hulle na ’n ander veearts verwys. Dié veearts moes Stoffie Vrydagoggend uitsit, aangesien die koeël deur een van sy longe gegaan en in sy ruggraat vasgesit het wat hom verlam het.
“My pa het oor en oor probeer vertel hoe Stoffie gelyk het. Al wat hy kon sien is die bloed wat stroom en hoe Stoffie vir my pa in sy arms lê en kyk het,” het Pretorius gesê.
Dié tragedie kom kort nadat die familie hulle Labrador, Fiela, moes uitsit weens ouderdom. Hy het dalk vir Fiela gaan soek,” het Pretorius gesê.Volgens Sonè de Meyer, Paws inspekteur, is hulle besig om die saak in samewerking met die polisie te ondersoek. Manyoba het bevestig dat daar onder meer ’n saak van dieremishandeling ondersoek word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button