NewsNewsUpdate

Ma en seun kritiek na ongeluk

Twee mense is in 'n kritieke toestand hospitaal toe na 'n botsing op die hoek van Govan Mbeki en Nelson Mandela.

‘n 45-jarige ma en haar 18-jarige seun is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem na ‘n botsing op die hoek van Govan Mbeki- en Nelson Mandela-rylaan

Die 45 jarige ma word na die helikopter toe geneem. Foto: Selogile Leshage
Die 45 jarige ma word na die helikopter toe geneem. Foto: Selogile Leshage

Die botsing het vandag (19 April)  omstreeks 12:30 plaasgevind, die nooddienste het vinnig reageer, met die hele toneel wat binne ‘n uur afgehandel is. Die ma en haar seun was vasgevang in die voertuig en moes uitgesny word.

ER24 moes  die ma,  wat verskeie frakture opgedoen het, per helikopter Milpark hospitaal toe vervoer. Haar 18 jarige-seun is ook in ‘n kritieke toestand Mediclinic Potchefstroom toe geneem.  Netcare 911 het die bestuurder van die ander voertuig na Mediclinic Potchefstroom vervoer om behandeling te ontvang vir haar ernstige beserings

Die Helikopter besig om op te styg op pad Milpark toe.
Die Helikopter besig om op te styg op pad Milpark toe.

ER24, Tlokwe Brandweer, SAPD asook die Tlokwe verkeersdepartement was op die toneel.  Die oorsaak van die botsing is nog onbekend maar word ondersoek.

Soortgelyke Stories

Talle beseer in ongeluk voor hospitaal

Drie studente sterf in ongeluk

Student (20) sterf in gru- ongeluk

Related Articles

Back to top button