Talle beseer in ongeluk voor hospitaal

’n Taxi het Maandagoggend in Chris Hani straat gerol.

’n Taxi het Maandagoggend in Chris Hani straat gerol.
Die ongeluk, waarin 13 mense beseer is, het omstreeks 07:30 gebeur. Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die bestuurder van ’n ander voertuig vermoedelik in die verkeerde baan in gedwaal. Die bestuurder van die voertuig het na bewering terug geswaai na die regte baan toe, maar het toe die taxi teen die agter kan getref. Die botsing het veroorsaak dat die taxi rol. Al 13 mense is deur ER24 en Netcare 911 hospitaal toe vervoer.
Volgens Manyoba het een van die taxi se insittendes haar hand baie sleg seer gemaak. Die bestuurder van die ander voertuig, 54 jarige vrou het kop en nek beserings opgedoen.
“’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word tans ondersoek,” het Manyoba gesê.
In ’n ander geval ook Maandag oggend omstreeks 07:00 het ’n vrou in ’n paal vasgery. Volgens inligting sover bekend, beweer die vrou dat ’n man in haar voertuig in gespring het en haar stuurwiel gegryp het terwyl sy gery het wat gemaak het dat sy met die paal gebots het. Sy is hospitaal toe geneem met kop beserings maar was nie beskikbaar vir verdere kommentaar.

 

Soortgelyke stories

‘Daai groot stem is nou stil’ – ongeluk eis geliefde pa

‘My boetie los diep spore in geliefdes se harte’

Oupa (62) sterf in gru-ongeluk op pad huis toe

Student (20) sterf in gru- ongeluk

Ses dood in ongelukke

Ongelukke eis die lewens van twee mense op een dag

Exit mobile version