‘Hy was ‘n vredeliewende siel, God se kind’

'n Matriekleerling en kranige swemmer van Gimmies is vroeg Dinsdagoggend (5 April) oorlede.

‘n Matriekleerling en kranige swemmer van Gimmies is vroeg Dinsdagoggend (5 April)  oorlede.
Volgens lt. kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, is Martin du Toit se liggaam gevind waar dit aan ’n boom in die gesin se tuin gehang het. Martin se broer wou hom glo kom wakker maak om te gaan swem oefen, maar hy was nie in sy bed nie. Sy broer het hom gaan soek en in die tuin op sy liggaam afgekom.
Martin se ma, Elsa, sê dat hy ’n wonderlike kind was, God se kind.

“Hy was regtig ’n vredeliewende siel wat niemand sou kwaad aandoen nie. Martin, ons gemmer engel het 1 Korintiers 13 geleef, h ywas liefde,”

Volgens Elsa het Martin, alhoewel hy moeilik in die lewe in gekom het, het hy sy lewenspad met sy hand in God s’n gestap.

“Martin het homself totaal aan die sport van swem gegee, hy het rekords gebreek en sewe medaljes op nasionale vlak verower in sy loopbaan. Hy het dit geniet om kleintjies af te rig, hy was regtig die lig en lewe in ons huis,” het Elsa gesê.
Carien Cronje, sy swemafrigter, sê sy vriendelikheid en trotse, regop manier van loop sal haar altyd bybly.”
Volgens Cronje het hy twee weke gelede vir haar gesê dat die swemklub ’n klub van liefde en omgee is.
Hy sou oor twee weke aan die senior nasionale kampioenskappe deelgeneem het. Volgens Cronje was dit sy droom om aan dié kompetisie deel te neem.
Gimmies se hoof, mnr. Roelof Oosthuizen, het Martin beskryf as ’n goeie innemende kind wat baie gemis sal word.
“Die skool betreur sy afsterwe en wens sy familie baie sterkte toe,” het Oosthuizen gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version