NewsNews

Russiese boerenooi kuier in Potchefstroom

Sy kan vier tale praat en is besig om nog twee aan te leer. Sy het Potchefstroom gekies om haar Afrikaans te verbeter waar sy dit in haar vaderland van Rusland begin studeer het.

//

Sy kan vier tale praat en is besig om nog twee aan te leer. Sy het Potchefstroom gekies om haar Afrikaans te verbeter waar sy dit in haar vaderland van Rusland begin studeer het.
Alina Balikhina van die Moscow Universiteit in Rusland het Afrikaans begin studeer aan dié universiteit. Nou is sy in Potchefstroom om haar kennis van Afrikaans te verbeter en om Potchefstromers die kans te bied om hulle kennis oor Rusland en die Russiese taal te verbeter.
“Ek het nog altyd ’n belangstelling gehad in Afrika. Daarom wou ek ’n Afrikataal leer. By my universiteit was Afrikaans die enigste Afrikataal wat aangebied is, toe begin ek dit leer,” vertel Alina.
Sy praat met ’n baie ligte aksent. Sy klink glad nie soos mens sou verwag ’n moedertaal Russiese spreker moet klink as hulle Afrikaans praat nie.
Die stereotipes wat bestaan oor Rusland en haar mense is iets wat Alina hoop om nek in te slaan tydens die kort kursus wat sy aanbied. Tydens die kursus sal belangstellendes basiese Russiese frases leer, die Russiese alfabet asook ’n klein bietjie Russiese geskiedenis. “Daar is ongeveer 200 miljoen mense wat Russies praat in die wêreld, dit is regtig ’n taal van kultuur, met skrywers soos, Tolstoy, Dostoyevsky, Chekhov en Gogol,” vertel Alina. Sy wil vir die mense van Potchefstroom wys dat Rusland nie net uit sneeu en vodka bestaan nie.
Dié 21-jarige student het tot dusver haar tyd in Potchefstroom geniet wat wêrelde verskil van haar gejaagde lewe in die groot stad van Moskou.
“Ek het baie vriende hier gemaak en die Afrikanerkultuur beleef.
“Vriendelikheid en gasvryheid is die woorde wat ek sal gebruik om die kultuur te beskryf,” vertel Alina.
Sy bied ’n kursus aan waar die sessies elke Maandag tussen 18:00 en 19:30 in April en Mei plaasvind.
Die kursus word by The Roots aangebied en die koste beloop R400.
Belangstellendes kan Lynn van Schalkwyk by 072 238 7981 of (018) 294 3227 skakel vir meer inligting oor die kursus.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button