Modder en Bloed open landswyd op 1 April 2016

Gaan bespreek nou al jou kaartjie vir Modder en Bloed...

Die epiese fliek MODDER EN BLOED (BLOOD AND GLORY), deur Dark Matter Studios (Leading Lady) en Collective Dream Films (Platteland, ‘n Man Soos My Pa) open more, op 1 April 2016 in teaters landswyd.

Resensente landswyd se lof vir die fliek stroom reeds in!

“Modder en Bloed is ʼn nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf”. “Uiteindelik is hierdie film wel ʼn epiese goedvoelfliek met ʼn reusagtige hart en ʼn wonderlike storie.” Reney Warrington – Litnet

 

A commanding film that changes the face of the South African Film Industry.”  Daniel Dercksen – The Writing Studio.

 

Modder en Bloed is a new Afrikaans film that goes where few other local films have.” Channel24

 

Die film, wat ‘n groep Anglo-Boereoorlog gevangens op St. Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ‘n uitdaging uitbeeld, spog met een van die grootste rolverdelings nog in ‘n Suid-Afrikaanse film.

Plaaslike akteurs soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger, Albert Pretorius is van die akteurs wat in hierdie epiese film te sien is.

Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt (Beowulf/The Tudors), Patrick Connolly (Inferno/Crushed), Nick Cornwall (Blood Loyal/Retribution) en Josh Myers (The Sweeney/Anti-Social).

Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur.  Die fliek is vervaardig deur Llewelynn Greeff, Henk Pretorius en Sean Else.

Die film word op 1 April 2016 plaaslik vrygestel en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei. Kaartjiebesprekings is reeds oop  en kan gemaak word by Ster Kinekor  https://www.sterkinekor.com/#/book/8003/Modder%20en%20Bloed/ of Nu Metro  https://www.numetro.co.za/#/movie/3751

 

Kyk die amptelike lokprent hier:

 

 

Exit mobile version