NewsNews

Miljoene liter drinkwater verlore

Te midde van waterbeperkings wat onlangs deur die stadsraad ingestel is, het miljoene liter drinkwater Saterdagoggend uit ’n nuwe waterpyp gestroom nadat dit langs die N12 in die stad gebars het.

Te midde van waterbeperkings wat onlangs deur die stadsraad ingestel is, het miljoene liter drinkwater Saterdagoggend uit ’n nuwe waterpyp gestroom nadat dit langs die N12 in die stad gebars het.
Alle watertoevoer in die area oos van die Mooirivier was vir vier ure af terwyl munisipale amptenare moes spook om die pyp te herstel. Die Herald verneem nagenoeg 1 000 liter water per sekonde word deur dié pype gepomp.
Die water wat uit die pyp gestroom het was skoon drinkwater. Raadslid Vincent Clarke van die VF Plus het twee brandweerwaens gereël om van die water te stoor sodat mense wat in die omgewing deur die voorval geraak is, kon gaan water haal.
Volgens mnr. Rumpff Kruger, wyksraadslid vir wyk 23, is die rede vir die gebarste pyp in kort, onvoldoende vakmanskap deur die kontrakteur.
“Dié kontrakteur het ook al vantevore ander projekte opgemors, maar bly steeds kontrakte kry, vermoedelik deur politieke konneksies,” het Kruger gesê.
Volgens mnr. Chris Landsberg, koukusleier van die DA in Potchefstroom, sloer die kontrak reeds ongeveer 15 maande.
“Ek het nog nooit in my munisipale loopbaan so geveg dat ‘n projek voltooi moet word nie. Dit is absoluut die slordigste projek in my tyd as raadslid,” sê hy. Volgens hom veg hy al van verlede jaar voor die Desember vakansie om net die gedeelte by die Spar in Bailliepark voltooi te kry.
“Ek is van mening dat ons nog nie die laaste van dié swak vakmanskap van die projek gehoor het nie,” sê hy.
Volgens Kruger was die konsultant ingenieurs wat moes toesig hou oor die kontrakteurs, meestal nie daar nie.
Die Tlokwe stadsraad het onderneem om teen aanstaande week ’n verklaring oor die voorval uit te reik.

Lees die Herald van 31 Maart waarin die stadsraad in kort komentaar lewer oor die pyp wat gebras het.

Related Articles

Back to top button