CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Waterbeperkings help om waterkrisis in Potchefstroom te bekamp

Jy mag beboet of vervolg word as jy deur die dag jou tuin natmaak!

Verlede maand is waterbeperkings in Potchefstroom geïmplimenteer.
Dit volg na ‘n vergadering tussen die Departement Waterwese en Sanitasie, die Tlokwe Stadsraad en die Boerevereniging waar ‘n voorstel van hoe om water te bespaar, na die tafel gebring is.
Volgens die stadsraad geld die beperkings tot daar geen potensiële waterkrisis meer bestaan nie.
Die volgende beperkings geld:
1. Die natmaak van tuine, erwe, sportvelde, parke en ander oop spasies word net op Dinsdae, Donderdae en Saterdae voor 09:00 en na 18:00 vir ‘n maksimum van een uur per perseel toegelaat.
Tuin natmaak met emmers of outomatiese besproeiingsisteme word ook ingesluit.
2. Geen natmaak van areas soos in bogenoemde punt mag gebeur binne 24 uur na reënval nie.
3. Ornamentele waterfonteine mag net in werking wees as dit van waterherwinning gebruik maak.
4. Geen outomatiese volmaakstelsels mag by swembaddens gebruik word nie. Daar word voorgestel dat swembaddens met seile bedek word wanneer dit nie gebruik word nie, om verdamping te voorkom.
5. As voertuie of ander groot toestelle gewas word, mag daar net gebruik gemaak word van emmers en nie ‘n tuinslang nie.
6. Die afspuit van opritte en stoepe is verbode.
Vir die natmaak van plante, erwe, tuine, parke, oop spasies en sportvelde by skole, kwekerye, groentetuine, kommersiële karwasplekke, die regering en stadsraad, kan by die munisipale bestuurder aansoek gedoen word vir uitsluiting van die beperkings.
7. Die stadsraad gaan verbruikers se waterverbruik monitor deur middel van hul rekeningstrukture en diegene wat nie voldoen aan die voorgeskrewe beperkings nie, kan beboet of vervolg word.
8. Sodra die waterbronne gestabiliseer het sal die stadsraad kennis gee dat die beperkings opgehef is.
Die stadsraad versoek dat alle inwoners sal saamwerk en alle waterlekke rapporteer by (018) 299 5408 of e-pos Suzan Selogiloe by SusanS@tlokwe.gov.za.
Indien iemand nie die waterbeperkings nakom nie, kan dit gerapporteer word op die Tlokwe City Council Facebookblad of op die Office Of The Executive Mayor of Tlokwe City Council se Facebookblad.

Related Articles

Back to top button