Local newsNewsNews

‘Ons hond is ons held’

Hulle sê altyd dat honde ‘n mens  se beste vriend is. Wel Sharon en Gert Griesel het dit twee weke gelede ervaar toe hulle hond Coco hulle gewaarsku het dat ‘n man besig was om hul bakkie te steel. Op Maandag, 7 Maart omstreeks 19:43 is Sharon en Gert se Nissan bakkie voor hulle huis …

Hulle sê altyd dat honde ‘n mens  se beste vriend is. Wel Sharon en Gert Griesel het dit twee weke gelede ervaar toe hulle hond Coco hulle gewaarsku het dat ‘n man besig was om hul bakkie te steel.

Op Maandag, 7 Maart omstreeks 19:43 is Sharon en Gert se Nissan bakkie voor hulle huis gesteel en om 20:48 het hulle die bakkie in Uitbreiding 11 opgespoor. Sy sê dat hulle die sein op hulle Tracker gevolg het.

“Ons hond het ingekom en vreeslik geblaf, waarna my man na buite is om te kyk wat fout is, maar hy het niks gesien nie,” sê Sharon.

“Coco kom toe weer terug en blaf steeds, maar toe hy die derde keer terugkom, vryf hy sy neus teen my man se been. Toe my man uitgaan, sien hy ‘n man wat in ons bakkie wegry,” voeg sy by.

Volgens Sharon het ‘n man in ‘n Landrover hulle gehelp.

“Hy het gestop en gevra wat fout is. Ons het hom vertel en hy het agter ons bakkie aangery. Hy het ook ‘n verkeersbeampte gestop en ingelig oor ons bakkie wat gesteel is,” sê sy.

“Ons het in ons motor gespring en hulle ook gevolg. Ons bure het die polisie geskakel en André Maree en sy seuns het ook ingespring en gehelp om ons bakkie op te spoor.

“Snaaks genoeg het ek net ‘n week voor die hele voorval gevra waarom ons so duur moet betaal vir die Tracker en kyk nou hoe het dit ons gehelp,” voeg sy by.

Volgens Sharon het hulle hul bakkie in Uitbreiding 11 tussen twee sinkhuise gekry.

Sy sê dat daar gelukkig niks uit die bakkie gesteel is nie.

Sharon en Gert Griesel by hulle Nissan bakkie wat gesteel was, maar gelukkig weer opgespoor is.
Sharon en Gert Griesel by hulle Nissan bakkie wat gesteel was, maar gelukkig weer opgespoor is.

“Die polisie het die bakkie gevat vir vingerafdrukke, maar niemand is in hegtenis geneem nie,” sê Sharon.

“Ons wil net dankie sê aan almal wat ons te hulp gesnel het terwyl ons verbouereerd die hele wêreld rondgery het op soek na die bakkie. In besonder aan André Maree en sy seuns wat ons bygestaan het met die Tracker en toe ook die bakkie opgespoor het,” sê Sharon en haar man, Gert. Hulle bedank ook graag hul bure wat die polisie geskakel het nadat hulle nie kon deurkom nie en die polisie en verkeersbeampte wat gehelp het om na hul bakkie te soek.

“Dan wil ons ook aan die onbekende man met die groen Landrover dankie sê vir sy omgee, nadat hy  agter die bakkie aangery het en ook die verkeersbeampte gestop en ingelig het. Meneer wie jy ookal is, weet ons is opreg dankbaar,” sluit hulle af.

Related Articles

Back to top button