CommunityEntertainmentLifestyleNewsNews

Laaste kans om vir Noordwes se streeksfinaliste van Mej Junior SA 2016-kompetisie te stem

Izelle Jansen van Vuuren, Elana du Plooy en Kaylin Bezuidenhout is Noordwes finaliste vir die Mej. Junior SA 2016-kompetisie wat deur Pageant SA aangebied word. Die beoordeling word  vanaf 22 tot 26 Maart in Pretoria gehou. Die afdeling Face of SA is een van die kategorieë wat slegs op ‘n SMS stemming gebaseer is. Daar …

Izelle Jansen van Vuuren, Elana du Plooy en Kaylin Bezuidenhout is Noordwes finaliste vir die Mej. Junior SA 2016-kompetisie wat deur Pageant SA aangebied word.

Die beoordeling word  vanaf 22 tot 26 Maart in Pretoria gehou.

Die afdeling Face of SA is een van die kategorieë wat slegs op ‘n SMS stemming gebaseer is.

Daar is ook ‘n afdeling Public Choice waar die foto’s van die deelnemers op Facebook geshare en gelike kan word.

Die deelnemer met die meeste likes word dan ook as wenner aangewys.

Tydens die beoordeling is daar onder meer vyf verskillende kategorieë wat beoordeel gaan word.

Daar is baie deelnemers, aangesien daar van alle provinsies regoor die land streeksfinaliste in elke kategorie is.

Mej. Junior SA gaan oor veel meer as net die kies van ‘n mooi gesiggie. Die wenner moet werklik ‘n ambassadeur vir die Pageant SA familie wees en daar word van die wenners ook verwag om liefdadigheid in hul gemeenskap te doen. Pageant SA waarvan Carolyn Baldwin Botha die direkteur, is bied nou al vir verskeie jaar hierdie kompetisie aan met ‘n span uiters bekwame beoordelaars.

By die foto’s van die finaliste is die kode waar Potchefstromers vir hul streeksverteenwoordigers kan stem. SMS slegs die kode van die model na 47018. SMS’e kos R2 en onbeperkte SMS’e kan tot 25 Maart gestuur word. Die deelnemer met die meeste stemme wen. Hulle vra asseblief Potchefstroom se ondersteuning.

SMS J37 vir Izelle Jansen van Vuuren na 47018.
SMS J37 vir Izelle Jansen van Vuuren na 47018.
SMS MPT11 vir Elana du Plooy na 47018.
SMS MPT11 vir Elana du Plooy na 47018.
SMS PT 07 vir Kaylin Bezuidenhout na 47018
SMS PT 07 vir Kaylin Bezuidenhout na 47018

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button