NewsNews

Top 5 Stories vir die week

Kyk na die vyf top stories in Potchefstroom vir die afgelope week. Kliek op die opskrif vir die vol storie

Kyk na die vyf top stories in Potchefstroom vir die afgelope week.

Kliek op die opskrif vir die vol storie

5. ‘n Kunstefees vir Potchefstroom is moontlik (5 400 mense het die storie gesien)

Daar bestaan ‘n moontlikheid vir ‘n Afrikaanse kunstefees in Potchefstroom!
Dit is die mening van ‘n belangegroep wat Dinsdagaand in Pretoria met die direksies van beide die Aardklop Stigting en Aardklop Kunstefees vergader het.
Die belangegroep het bestaan uit verteenwoordigers uit Potchefstroom asook die Afrikaanse kunstewêreld en donateurs.

4. Checkers found non-compliant due to rodents  (8 200 mense het die storie gesien)

The environmental health unit from the Tlokwe City Council has allegedly found Checkers, Mooirivier Mall to be non-compliant in terms of the environmental health act.
Furthermore, it is alleged that the unit has given Checkers 21 days to comply with the act. It is also alleged that, if they fail to do so, their trading licence would be revoked until they meet the set demands.

3. ‘n Facebook meningspyl oor Prof Fika Janse van Rensburg se standpunt oor vroue in die kerk  (10 400 mense het die storie gesien)

Waarnemende Rektor van die NWU Potchefstroomkampus, prof. Fika Janse van Rensburg is in die moeilikheid by sommige kerkleiers van die Gereformeerde Kerk omdat hy voel dat vroue ook ‘n plek as ouderling of predikant in die kerk behoort te hê.
Hoe voel julle oor sy standpunt?

2. Kat dood na skoot met pyl en boog-Potchefstromers staan saam  (11 200 mense het die storie gesien)

’n Kat is Woensdag dood nadat hy in Louwstraat, Miederpark omgewing met ’n pyl en boog geskiet is.
Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die kat na hulle kliniek geneem vir behandeling. Volgens Andries Venter, bestuurder van Paws, het die veearts en sy span hulle beste gedoen om die kat te red, maar die beserings was net te erg.

1. Bult loop deur onder inbrake  (12 000 mense het die storie gesien)

Die Bult het die vorige week onder ‘n vlaag inbrake deurgeloop.
Nege klagtes van inbraak is by die polisie aangemeld waarvan agt in die Bult omgewing is.

 

 

Related Articles

Back to top button