Gebarste waterpyp: Liters water gaan verlore

‘n Splinternuwe waterpyp het vanoggend (Saterdag, 19 Maart) op die N12 gebars en sodoende word liters kosbare water gemors. Die gevolg is ook dat talle inwoners sonder water is vandag. Die bars het blykbaar gebeur waar die pype gekoppel is. Inwoners wat aan die Oostekant van die rivier bly sal sonder water sit. Skoon drinkwater …

‘n Splinternuwe waterpyp het vanoggend (Saterdag, 19 Maart) op die N12 gebars en sodoende word liters kosbare water gemors. Die gevolg is ook dat talle inwoners sonder water is vandag.

Die bars het blykbaar gebeur waar die pype gekoppel is. Inwoners wat aan die Oostekant van die rivier bly sal sonder water sit.

Skoon drinkwater het met hierdie groot lek in Potchefstroom se paaie begin vloei. Sommige besighede by die Baillie Park Spar winkelkompleks het emmers vol water by die oop mangat, waar water uitgestroom het, gaan versamel.

Water het ook in Paryslaan sonder keer afgestroom.

Liters water loop in die paaie af.
Besighede het water probeer red vir noodsaaklike gebruik.
Hier is Baillie Park Spar se personeel vanoggend besig om water in te samel.

Lees meer hieroor in Donderdag se Herald en hou ons webblad dop vir enige verwikkelinge.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version