NewsNews

Bult loop deur onder inbrake

Die Bult het die vorige week onder ‘n vlaag inbrake deurgeloop.

Die Bult het die vorige week onder ‘n vlaag inbrake deurgeloop.
Nege klagtes van inbraak is by die polisie aangemeld waarvan agt in die Bult omgewing is.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is daar sover bekend in al die voorvalle skootrekenaars en selfone gesteel.

inbraak silwer str 2
Silwerstraat het die ergste deurgeloop met vier klagtes van inbraak. Twee verdagtes is op aanklagte van huisbraak in dié straat in hegtenis geneem.
Tydens die mees onlangse voorval het Mooirivier Beskerming ’n verdagte vasgetrek wat na bewering by ’n woonstel in Silwerstraat ingebreek het. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was een van hulle reaksievoertuie besig met patrolliewerk toe hulle ‘n man gewaar wat besig was om oor ’n muur te spring.
Kort daarna het daar mense aangekom wat reeds besig was om die verdagte te jaag en Mooirivier het hulle gehelp. Na ’n kort jaagtog het hulle die verdagte op ’n ander perseel betrap waar hy weggekruip het.
Die polisie het op 11 Maart nog ’n verdagte in Silwerstraat in hegtenis geneem .
Volgens Manyoba het ’n student omstreeks 16:00 by die huis aangekom en gehoor hoe ’n ander persoon vir hom skree dat daar ’n inbreker in die erf is.
Volgens Manyoba het die student die man gesien toe hy daar aangekom het maar het gedink dat dit die tuinier is.
Die studente het die polisie ontbied en die verdagte is agternagesit. ’n Stel sleutels van die student se woonstel is by hom gevind.

Die verdagte wat deur Mooirivier beskerming in hegtenis geneem is
Die verdagte wat deur Mooirivier beskerming in hegtenis geneem is

Volgens Manyoba is die meeste inbrake op dieselfde manier gedoen, vensters is gebreek en diefwering is oopgebuig. Meeste van die gevalle het plaasgevind toe daar niemand by die huis was nie.
Manyoba maan inwoners om seker te maak dat hulle deure en vensters altyd goed toe is. Ook dat daar geen kosbare items deur die venster gesien kan word nie.

Related Articles

Back to top button