NewsNews

Waarom is die wag so lank by Potch Hospitaal

’n Puk-student wat haar arm tydens ’n sokkerwedstryd gebreek het moes agt ure wag om ’n dokter by die Potchefstroom Hospitaal se ongevalle afdeling te sien.

’n Puk-student wat haar arm tydens ’n sokkerwedstryd gebreek het moes agt ure wag om ’n dokter by die Potchefstroom Hospitaal se ongevalle afdeling te sien.
Die student het Woensdag 2 Maart tydens ‘n sokkerwedstryd geval en haar arm gebreek.
Sy is na ongevalle afdeling van die Potchefstroom Hospitaal geneem waar sy 19:22 aangekom het.
Sy is na die administrasie afgehandel is ’n pynstiller toegedien. Sy is eers teen 03:30 die volgende dag deur ’n dokter gesien.
Die pynstiller het gedurende dié tyd uitgewerk, maar daar is geweier om vir haar nog pynstiller te gee.
Nadat sy uiteindelik deur ’n dokter gesien is, is daar X-strale van haar arm geneem. Sy is toe met medikasie ontslaan om weer 08:00 dieselfde oggend ’n ortopeet te kom sien.
Dié student se ondervinding van Potchefstroom Hospitaal is nie eerste van sy soort waaroor die Herald berig nie.
Volgens Modiri Mompati, woordvoerder van dié hospitaal, is ‘n kode-geel aan haar toegeken. Volgens hom is die wagperiode by die hospitaal sowat 240 minute en is daar verskeie faktore wat die wagperiode beïnvloed.
Elke pasiënt wat inkom kry ‘n kleurkode: rooi, oranje, geel of groen. Rooi is vir ’n kritiese toestand wat dadelik gehelp moet word. Oranje is krities siek en word binne 10 minute gehelp. Geel is ’n normale ongevalle pasiënt wat verder geprioritiseer kan word sodat ouer mense en kinders eerste gehelp word. Groen is ’n pasiënt wat nie dadelike aandag verlang nie.
In die student se geval is sy as ‘n geel pasiënt gemerk en moes daarom langer wag om gehelp te word.
Volgens Mompati was daar op die betrokke aand 24 pasiënte in ongevalle waarvan een ‘n rooi-kode en 10 oranje-kodes gekry het. Die ander 13 pasiënte was saam met die betrokke student as geel-kode gemerk.
Die feit dat so baie mense meer ernstig as sy gemerk is het bygedra tot die langer wagperiode.
Volgens Mompati is dit belangrik dat die gemeenskap weet van die wagperiode en hoe pasiënte geprioritiseer word.

Lees nog gru stories oor die Potch Hospitaal:

Dominica se dood ‘n raaisel

Vyf jarige moet op vuil bed lê by hospitaal

 

 

Related Articles

Back to top button