Paws gaan visse uit dam red

Visse in die Rietspuitdam naby Ventersdorp is besig om as gevolg die min water in die dam in hulle massas te vrek.

Visse in die Rietspuitdam naby Ventersdorp is besig om as gevolg die min water in die dam in hulle massas te vrek.
Daarom gaan Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) ingryp om die visse te verskuif. Die Herald het verlede week berig dat die dam as gevolg van die droogte slegs sowat 1,28 persent water het. Dié dam word hoofsaaklik gebruik om besproeiing aan boere in die area te voorsien.
Die verskuiwing van die vis sal Donderdag begin sodra die nodige permitte van natuurbewaring bekom is.
“Die operasie verg baie beplanning, ons moet al die nette bymekaar kry asook vrywilligers om ons te help, het Sunè Engelbrecht, Paws inspekteur, gesê.

Lees verlede week se berig hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/10974/damme-steeds-leeg-droogte-gaan-nog-lank-knou/

 

 

Exit mobile version