CommunityEditor's choiceNewsNewsPhoto Galleries

Eskom transformator ontplof – beurtkrag ‘n moontlikheid

Vroeg vanoggend het een van die Escom transformators wat krag toevoer aan Potchefstroom bied, opgeblaas.

Om 03:51 vanoggend het Eskom se transformator 5 op die 88/66 kV aan die brand geslaan weens ‘n transformator bus wat ontplof het.
Die las van die transformator is oorgeskuif na die 88/11 kV netwerk wat beteken dat 70% van Potchefstroom se kragverbruik deur een 88/66 kV transformator moet werk.
Volgens mnr. William Maphosa, woordvoerder van die Tlokwe Stadsraad, gaan die beskadigde transformator eers teen more middag herstel kan word, en wil hulle die gemeenskap aanmoedig om drasties minder krag te gebruik tot dan.
Die huidige transformator hardloop amper op volle kapasiteit en kan oorverhit indien kragverbruik nie afskaal nie.
Maphosa sê dat as kragverbruik nie binne die volgende halfuur afskaal nie, sal Tlokwe beurtkrag moet toepas.
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button