NewsNews

Polisie waarsku teen inbrake

Die Potchefstroom-polisie het inwoners gewaarsku teen ’n toename in inbrake die laaste week. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is daar tussen 17 en 21 Februarie nege klagte van inbraak by die polisie gerapporteer.

Die Potchefstroom-polisie het inwoners gewaarsku teen ’n toename in inbrake die laaste week.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is daar tussen 17 en 21 Februarie nege klagte van inbraak by die polisie gerapporteer.
Agt uit die nege gevalle wat gerapporteer is, kom van die Bult-area, twee in Goudstraat, twee in Silwerstraat, Eleazerstraat, Presidentstraat en Thabo Mbekiweg. Elektroniese toestelle soos skootrekenaars en selfone is in al die gevalle gesteel, asook in sommige gevalle waar daar juweliersware weg is. In een van die gevalle in Goudstraat wat Donderdagaand omstreeks 18:30 plaasgevind het, het die slagoffer sy skootrekenaar langs sy venster gelos nadat hy die venster ’n bietjie oopgelos het.
Volgens Manyoba moet mense, veral studente, daarteen waak omwaardevolle items binne maklike bereik van diewe te los.
“Selfs as jy jou skootrekenaar of tablet in die kar moet bêre, sluit dit in die kattebak toe waar skelms dit nie kan sien nie,” het Manyoba gesê.
Baie van dié tipe misdadigers word gesien as opportunistiese misdadigers, daarom soek hulle goed om te steel wat maklik bekombaar is, maar ook maklik is om te verkoop. In al die sake is vensters oopforseer om toegang tot die huise te bekom.
Manyoba maan die gemeenskap om seker te maak dat deure en vensters ordentlik toe is ten alle tye. “Deure moet altyd gesluit wees, al is daar mense by die huis. Maak seker dat die diefwering wat voor die vensters geïnstalleer is, doeltreffend is. Die belangrikste is om noodnommers uit jou kop te ken of byderhand te hou ten alle tye,” het Manyoba gesê.

Related Articles

Back to top button