NewsNews

Drie studente sterf in ongeluk

Drie Puk-studente is dood en ’n vierde student sterk tans in die Milpark hospitaal aan na ’n gru-ongeluk op die N14 Vrydag.

Drie Puk-studente is dood en ’n vierde student sterk tans in die Milpark hospitaal aan na ’n gru-ongeluk op die N14 Vrydag.
Dit blyk dat hulle voertuig in ‘n trompop botsing met ‘n ander voertuig betrokke was. Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle die erg beskadigde voertuie gevind. Die bestuurder van een van die voertuie is op slag dood.
Twee van die studente was in die voertuig vasgekeer. Een van hulle is opslag dood en die ander was in ’n kritieke toestand. Die ander twee studente is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger. Een van dié studente is ook op slag dood en die ander was in ’n kritieke toestand.
ER24 en Netcare 911 het die twee kritieke pasiënte per helikopter na hospitale in Johannesburg vervoer, waar een van hulle ook later dood is.
“Die Noordwes-Universiteit betreur hierdie tragiese voorval en betuig sy innige meegevoel met hul ouers, familie en vriende,” het Johan van Zyl, woordvoerder van die Potchefstroom kampus gesê.
Die vier studente is Rachelle Stoffberg, ’n inwoner van Kasteel dameskoshuis, was besig met haar vierde jaar studie in farmasie, Sy is net vier dae voor haar 22ste verjaarsdag , in die hospitaal dood.
“Ek het Vrydag half vier nog vir haar ‘n boodskap gestuur en vir haar gesê: ‘Prinses, julle moet veilig ry. Jy moet onthou jy is my stukkie goud’, en sy het my geantwoord. Dit was die laaste wat ons ooit weer met ons kinders gepraat het,” het haar ma, Stella, Maandag hartseer gesê.
Elinda Booysen van Dinkie dorpskoshuis en Margeruite Brink, wat albei besig was met hulle B.Sc. (honneurs), is op slag dood in die ongeluk.
Die ander student is Jeanette Theron van Dinkie dorpskoshuis wat ook besig is met haar B.Sc. (honneurs). Haar toestand is stabiel.
“Ons wag nog om te hoor of sy verlam gaan wees, maar sy het geen breinskade,” het Hesti-mari Kleynhans op Facebook haar koshuis op hoogte gehou. “Mag die Vader se hand van vertroosting oor elkeen van hulle en hulle families wees,” was die boodskap van Dinki se koshuisouers, Kassie en Annette Karstens op Facebook.
Die groep van vier PUK honneursstudente, was op pad na Elinda se huis in Pretoria waar hulle Elinda (wat op 16 Februarie verjaar het) se verjaarsdag sou vier.

Related Articles

Back to top button