NewsNews

PUKKE kry hofbevel om onwettige protesaksie te staak

Die NWU Potchefstroom kampus het as voorsorgmaatreël 'n finale hofbevel in die Hooggeregshof bekom het, wat die ontwrigting of inmenging van enige werksaamhede van die Potchefstroomkampus verbied.

Die NWU Potchefstroom kampus het as voorsorgmaatreël  ‘n finale hofbevel in die Hooggeregshof bekom het, wat die ontwrigting of inmenging van enige werksaamhede van die Potchefstroomkampus verbied.

Volgens ‘n verklaring deur Prof. Fika Janse van Rensburg sal die volgende hekke vandag vir karre en fietse gesluit wees: Hoffman- (hoofhek), Borcherd- (Institusioneel), en Presidentstraat (voetgangerhekke bly oral beskikbaar met geldige NWU-PUK studentekaart).
“Deur hierdie hofbevel het die polisie (SAPD) die mandaat om die NWU volledig by te staan in die uitvoering van dié hofbevel. Ons Kampus het besondere goeie samewerking met die SAPD.
Op die sosiale media en in sekere koerante is daar persone wat dreig om die hofbevel te verontagsaam. Die Universiteit is ernstig om die hofbevel streng toe te pas,” her Janse van Rensburg gesê

Alle insittendes in ʼn voertuig moet met ʼn studentekaart, bestuurderslisensie of identiteitsdokument geïdentifiseer word.  

“Hierdie addisionele sekuriteitsmaatreëls skep inderdaad ongerief. Ons vra geduld.
Dalk kan jy so 40 minute ekstra reistyd nodig hê. Ons hoogste prioriteit bly ons studente en personeel se veiligheid. Ek sal aanhou om jou deurlopend op hoogte te hou van verwikkelings. ” het Janse van Rensburg gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button