Studente staan saam en bid vir vrede en veiligheid

Studente het Woensdagoggend hande gevat en koppe gesak om te bid vir vrede...

Woensdagoggend het ‘n groep studente besluit om taal, ras en politiek eenkant toe te skuif en gewys dat hulle almal, maak nie saak hoe baie hulle verskil nie, een ding in gemeen het, en dit is Jesus Christus.
‘n Klein groep vriende het ‘n bid-aksie gereël waar studente van sowat vyf verskillende gemeentes bymekaar gekom het op die grasperk voor die hoofgebou en gebid het vir vrede.
“Ons wil ons kampus aan Hom opdra,” het een van die organiseerders gesê. “Ons bid vandag vir vrede op ons kampus, sowel as ander kampusse, en vir die veiligheid van ons studente.”
Die groep wil daagliks in etenstyd op die grasperk voor die hoofgebou gaan bid, en vra dat enige gelowiges wat glo dat vrede sal geskied, saam met hulle kan kom bid. Hulle vra dat die studente hul ras, taal en ander motiewe eenkant moet sit en deel vorm in die Christelike rewolusie waar studente saam kom om te bid, eerder as om te baklei.

Exit mobile version