GPF maak leë erwe skoon

Die GPF groep in Miederpark het Saterdag 20 Februarie, leë erwe in Uitsigstraat skoon gemaak.

Die GPF groep in Miederpark het Saterdag 20 Februarie, leë erwe in Uitsigstraat skoon gemaak.

Dit nadat hulle geen reaksie van die munisipaliteit ontvang het oor die skoonmaak van die erwe nie. Die inwoners het in Oktober verlede jaar reeds al ‘n brief aan die stadsraad gestuur oor die sekuriteitsrisiko wat die leë en toegegroeide erwe inhou. Dit nadat daar sewe gevalle van honde vergifting in vier dae in die area aangemeld is.

 

In die brief word ‘n vriendelik tog dringende versoek gegee aan die die stadsraad dat daar aandag gegee word aan die erwe in die lig van die stadsraad se ‘veiligheid deur omgewingsontwerp’ projek. Die GPF en inwoners glo dat die leë erwe ‘n gemaklike wegkruip plek vir misdadigers is. Daar word ook vermoed dat misdadigers ongesiens deur die erwe kan beweeg om so toegang te kry tot die Viljoenskroonpad.

Uiteindelik  het ‘n groep wat keelvol was om vir die stadsraad te wag self die erwe opgeruim. Die hoop is nadat die erwe skoon gemaak is dat die misdaad in die area verminder sal word. Miederpark GPF het ook intussen begin met buurtwag patrollies. Die Tlokwe stadsraad het nie reageer op die Herald se herhaaldelike navraag vir komentaar nie. 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version