NewsNews

Diere ly sonder water

Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) het aan verskeie diere eienaars wat varke en beeste naby Sarafina in Ikageng aanhou, ’n waarskuwing gegee omdat die gebied waarin die diere aangehou word nie voldoende water of kos het nie.

Daar is ook honde aangetref wat aan kettings vasgemaak is, sonder behoorlike toegang tot water.
Volgens Soné de Meyer, inspekteur van PAWS, moet diere 24 uur per dag toegang tot vars, skoon water hê. Waarskuwings is al om die kampe en krale gelos sodat die eienaars PAWS kan kontak om die situasie reg te stel.
Volgens van die eienaars wat deur die Herald daar aangetref is, belowe die stadsraad al vir meer as tien jaar dat hulle water daarheen sal aanlê of aanry. Daar het tot dusver niks van gekom nie. Dit blyk dat die stuk grond aan die stadsraad behoort, maar dat dit deel uitmaak van die beplande Hoëveldpark, ’n natuurreservaat wat reeds jare lank in die vooruitsig gestel word.

Die waarskuwing wat oral in die kampe opgeplak is. PAWS het versoek dat dit ook in die Herald geplaas word, sodat daar seker gemaak word dat dit diere eienaars bereik.
Die waarskuwing wat oral in die kampe opgeplak is. PAWS het versoek dat dit ook in die Herald geplaas word, sodat daar seker gemaak word dat dit diere eienaars bereik.

Die eienaars sê die stadsraad het aangebied dat hulle verskuif word na die plaas waarvan Thandi Modise, die Premier van Noordwes, later die eienaar geword het. Volgens hulle sou dit egter nie vir hulle moontlik wees nie, omdat die meeste van hulle in Ikageng woon. Sonder vervoer sou hulle nooit vir die diere kon sorg nie, omdat die plaas te ver is.
Daar heers groot verwarring onder dié diere eienaars. Van hulle sê dat die munisipaliteit vir hulle toestemming gegee het om daar diere aan te hou en ander sê hulle kan nie verstaan waarom die natuurreservaat so naby aan Ikageng moet wees nie.
“Hoekom neem hulle nie die wilde diere weg nie? Nou wil hulle mense skuif om plek te maak vir diere,” het een van hulle gesê.
Nog een glo dat die grond nog deel van ’n betwiste grondeis van die Barolong-stam is.
Volgens De Meyer maak dit nie saak wat die situasie rondom die grond is nie, die eienaars bly steeds verantwoordelik vir die welstand van hulle diere. Teen druktyd het die Herald nog nie terugvoer ontvang op sy versoek vir kommentaar van die stadsraad nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button