Potch Akademie help ook om voete neer te sit

ES Le Grange en Potch Akademie sit ook hulle voete neer teen kindergeweld...

Potchefstroom Akademie het vanjaar voor Aardklop besluit om betrokke te raak by die Sit Jou Voet Neer-veldtog vat deur Gimmie-leerling en jong aktrise Kara van der Merwe begin is. Die projek is ter ondersteuning van kindergeweld en Kara se motivering vir die veldtog kom vanweë haar rol as slagoffer van molestering in die nuwe film, Dis Ek Anna.
Potchefstroom Akademie het die geleentheid gesien om betrokke te raak en het drie dogters van ES Le Grange Skool opleiding gegee in die kuns van voet- en handmassering. Die drie dogters, Lucy Makhoana, Thobeka Seeco en Precious Mathemae, het vir ses dae tydens Aardklop voete en hande masseer by die Sit Jou Voet Neer kunsuitstalling in die Snowflake-gebou.
Die geld wat hulle met die massering ingesamel het, is verdeel tussen die drie en Tina Schöltz, die eienaar van Potchefstroom Akademie, het aan elkeen ‘n sertifikaat oorhandig vir vaardigheidsontwikkeling.
Lucy, Thobeka en Precious het gesê dat hulle bly is om deel te wees van die projek en dat hulle die opleiding baie geniet het. Hulle sê ook dat hulle na skool graag verder sou wou gaan studeer in massering.
Potchefstroom Akademie sê hulle is trots om deel te kon wees van die inisiatief en dit is Tina Schöltz se missie om ander mense te bemagtig.

Agter: Lucy Makhoana, Thobeka Seeco en Precious Mathemae.. Voor: Renette van Graan (skoolhoof van ES Le Grange), Lauren du Preez (Potch Akademie ‘events’ ko-ordineerder), Martie Bothma (kurator, Snowflake-gebou), Kara van der Mewe (stigter van Sit Jou Voet Neer) en Tina Schöltz (eienaar Potch Akademie). Foto: Marianke Saayman.
Lauren du Preez (Potch Akademie ‘events’ ko-ordineerder), Lucy Makhoana, Thobeka Seeco, Precious Mathemae en Tina Schöltz (eienaar Potch Akademie). Foto: Marianke Saayman.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version