CommunityCommunityNewsPhoto Galleries

Potch Real sê dankie aan plaaslike helde

ER24 is Saterdag 28 November as die Potch Real Facebook-groep se Unsung Heroes gekroon.

ER24 is Saterdag 28 November as die Potch Real Facebook-groep se Unsung Heroes gekroon.
Die groep hou elke jaar so ’n funksie om dankie te sê vir plaaslike helde of Unsung Heroes.
ER24 het in hierdie jaar menigmaal bewys dat hulle helde is in alles wat hulle vir die gemeenskap doen. Hulle gaan uit hulle pad om oral te help, al is dit nie in werksverband nie, maar net om iemand se dag so ‘n bietjie beter te maak.
Tussen 1 April en 1 November het ER24 na minstens 3 800 gevalle omgesien en volgens statistiek vervoer hulle tussen 370 en 400 pasiënte per maand.
ER24 diskrimineer nie en sal enige iemand in nood help, van ‘n hawelose of ‘n straatkind tot die hoof van ‘n groot maatskappy. Volgens Gavin Edwards, hoof van ER24 in die stad, doen hulle baie onbetaalde werk, maar gee nie om nie, want om pasiënte te help is hulle passie.
Dit is om hierdie rede dat NCC Potch Real, en Potch Pay it Forward die Unsung Heroes-projek geloods en ER24 vereer het vir wat hulle in die gemeenskap doen.
Die ER24 span het ook elkeen ‘n geskenkie ontvang saam met ‘n sertifikaat wat dankie sê vir hulle onbaatsugtige dade in die gemeenskap.
Die hoofborg vir die funksie was Garnish Restaurant wat ‘n heerlike driegang maaltyd voorberei het. Verder wil Potch Real dankie sê aan Johann van PrintCafe vir die sertifikate, Louise van Potchefstroom Rugbyklub wat vir 50% van die venue betaal het, Herman van Purest Water wat botteltjies water geborg het en ‘n jaar se watervoorraad aan Michiel de Bruyn van ER24 gegee het. Hy het ook die DJ’s vir die funksie geborg.
Loraine Joubert van 2nd Chance Photography het die foto’s geneem van die funksie en Jeanette de Swardt het die heerlike nagereg voorberei.
Essentials en Mag Tours het die geskenkies geborg en Ingrid van Blomme Winkeltjie die blomme.
Verder het Potch Pay it Forward die res van die geleentheid en die koeldrank op die tafels geborg.
Die funksie was ‘n groot sukses en daar is seker gemaak elke ER24 lid voel hulle word deur die gemeenskap waardeer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button