CommunityNews

Staan op teen geslagsmisbruik met ‘n drukkie in ‘n pakkie

Die feite bewys om die hotel se toiletware huis toe te neem, is nie steel nie!

Die feite bewys om die hotel se toiletware huis toe te neem, is nie steel nie!
Sommige mense verkies om die mini-sepies en sjampoes net daar te los waar ander dit weer met ‘n skuldige gewete in hul tasse pak. Potchefstroom Herald kon nie bewyse kry dat dit verkeerd is om die toiletware huis toe te neem nie. Om die waarheid te sê, die sjampoe, opknapper, lyfroom, sepies en ander miniatuur produkte in jou hotelkamer is ekstra geriewe wat daar geplaas is vir die jou gebruik. Volgens ons internet navorsing, verwag hotelle van gaste om bruikbare produkte eerder te gebruik of huis toe te neem.
Volgens ‘n opgaarder is dit nie net totaal en al wettig vir ons om die toiletware te neem nie, maar dit stel ook die spesifieke hotel gerus om te weet dat hul handelsmerk in ons huise vertoon word. Die hotel se bemarkings-afdeling is in hul noppies om te weet dat die klein pakkies met die hotel se naam op, in ons badkamer is en elke keer as ons ons gesig was of in die stort klim, dink ons aan ons heerlike besoek aan daardie spesifieke hotel.
Indien daar enige plaaslike opgaarders is wat nie meer weet wat om met hulle gratis hotel-geriewe te doen nie, het die Herald net die oplossing.
Tydens die internasionale 16 Dae van Aktivisme teen Vroue- en Kindergeweld, loods die Herald ‘n baie spesiale “Drukkie-in-‘n-Pakkie” veldtog, en ons nooi ons lesers uit om deel te neem. Dis regtig nie moeilik nie, al wat jy hoef te doen is al jou ongebruikte mini-toiletware bymekaar te maak en dit in ‘n pakkie op te maak. Ons kan selfs die pakkie vir jou opmaak as jy net die produkte na ons kantoor toe bring.
Ons gaan dan seker maak die pakkie bereik die Verkragtingskrisis-sentrum by die Potchefstroom Hospitaal. Dié sentrum is ‘n hawe vir getraumatiseerde vroue en meisies wat in hul besmette klere moet sit en wag vir die distrik chirurg. Hulle mag nie was, bad of tande borsel tot die ondersoek verby is nie, wat die hele ondervinding net soveel meer traumaties maak. Baie van hierdie vroue word na ‘n hawe gestuur tot die beskuldigde agter tralies is, en die meisie veilig is.
As ‘n simbool van simpatie wil die Herald vir elk van dié vroue ‘n organza pakkie gee gevul met mini-toiletware en ‘n boodskap van bemoediging. Ons kan net die projek volhoubaar maak met die ondersteuning van die gemeenskap.
Potchefstromers wat die projek op ‘n ander manier wil ondersteun, kan ons help om organza sakkies, sneesdoekies en gesiglappies aan te koop. Bring asseblief alle donasies vir die projek na die Potchefstroom Herald se kantore voor 9 Desember.
Versprei die boodskap – versprei die liefde…

'n Anonieme skenker het vandag die pakkie by die Herald kom aflewer - baie dankie!
‘n Anonieme skenker het vandag die pakkie by die Herald kom aflewer – baie dankie!

Related Articles

Back to top button