NewsNews

Buurtwag trek saam na inbraak

“Liefde is ’n werkwoord.” So sê Herman Swiegers van die Bailliepark Buurtwag oor die inisiatief wat die buurtwag geneem het om ’n huis in Rocherstraat te help beveilig.

“Liefde is ’n werkwoord.” So sê Herman Swiegers van die Bailliepark Buurtwag oor die inisiatief wat die buurtwag geneem het om ’n huis in Rocherstraat te help beveilig.

Hendri Myburgh en Marie de Wet, beplan die volgende stap. Foto: Dustin Wetdewich
Hendri Myburgh en Marie de Wet, beplan die volgende stap. Foto: Dustin Wetdewich

Inbrekers het Saterdagaand by Marie de Wet se huis ingebreek. Gelukkig was nie sy of haar dogter by die huis nie. Die inbrekers het egter elektroniese toestelle, waaronder skootrekenaars, gesteel. Volgens De Wet het hulle die venster gebreek om die deur oop te kry, waarna hulle die veiligheidshek in die gang afgebreek het.
“Toe ek by die huis kom en sien wat gebeur het, het ek in die pad in gehardloop. Ek het dadelik die buurtwag op ons WhatsApp groep laat weet. Binne ses minute was die eerste voertuig hier en kort daarna het ander voertuie saam met die polisie opgedaag.” Na die voorval het die buurtwag ingespring en De Wet gehelp om haar huis meer veilig te maak. Die tuin wat baie bebos was, het die perfekte skuiling aan inbrekers gebied. Swiegers, Hendri Myburgh, Vincent Clarke, Raymond van der Wild en John Matuase het ingespring om die huis van buite meer sigbaar te maak. Buurtwaglede wat in die aande patrollie ry in die gebied, meen dat dit belangrik is dat jou huis sigbaar moet wees.

Herman Swiegers, werk hard in die tuin.  Foto: Dustin Wetdewich
Herman Swiegers, werk hard in die tuin. Foto: Dustin Wetdewich

Sodoende is dit makliker vir die polisie om dit te vind en makliker vir die patrollies om te sien as daar iets verdags aangaan. “Die buurtwag is regtig ’n wenresep, maar almal moet saamwerk. Die mense gee hulle tyd en diens gratis,” sê De Wet. Volgens Swiegers is daar sowat 20 mense wat al by die buurtwag aangesluit het. Nie almal ry patrollie nie, maar ons is die oë en ore vir die polisie,” sê hy. Volgens hom het die buurtwag beslis ’n verskil gemaak wat betref die voorvalle wat in die buurt plaasgevind het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button