CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Stadsraad speel met vuur oor verkeerstekens, eise kan kom

Siviele eise as gevolg van onvoldoende verkeerstekens of wat nie aan die wetlike vereistes voldoen nie, kan die stadsraad miljoene kos.

Siviele eise as gevolg van onvoldoende verkeerstekens of wat nie aan die wetlike vereistes voldoen nie, kan die stadsraad miljoene kos.

Op die hoek van Kock en Smit straat is die padtekens nie meer sigbaar nie
Op die hoek van Kock en Smit straat is die padtekens nie meer sigbaar nie

Volgens ’n verkeerskenner is die meeste van die stopstrate in Potchefstroom nie op standaard nie. Dít, en die feit dat baie padtekens ook nie meer behoorlik sigbaar is nie, maak dit ’n bom wat wag om te ontplof. Volgens die span van Pieter Strydom Prokureurs in Klerksdorp kan mense wat in ongelukke betrokke is, skadevergoeding van die stadsraad eis as daar bewys kan word dat die padtekens ten tyde van die ongeluk nie op standaard was nie. Groot eise sal ingestel kan word indien daar boonop beserings of dood weens so ’n ongeluk is. Intussen staak die tegniese span van die munisipaliteit wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die paaie.

Raadslid Vincent Clarke saam met twee verkeersmanne, Alec Votyeka en Elijah Seripe, besig om stoptekens terug te sit op die hoek van Peter Mokaba- en Smitstraat.
Raadslid Vincent Clarke saam met twee verkeersmanne, Alec Votyeka en Elijah Seripe, besig om stoptekens terug te sit op die hoek van Peter Mokaba- en Smitstraat.

“Dit is al omtrent ’n maand wat hulle nie werk nie. Toe besluit ek en ’n paar verkeersmanne om ten minste ’n paar stoptekens terug te sit,” sê raadslid Vincent Clarke van die Vryheidsfront Plus. Volgens hom is dié stoptekens by plekke waar gereeld ongelukke voorkom opgesit. Dit is die hoeke van Kock- en Smitstraat, Smit- en Peter Mokaba- straat, Peter Mokaba- en Mareestraat en President- en Esselenstraat.
“Dit is waar die tekens die nodigste was, maar daar is nog baie meer probleme,” sê hy.
Volgens Clarke is die maklikste oplossing vir die probleem om die instandhouding van die paaie te privatiseer. Verkeersmanne soos Alec Votyeka en Elijah Seripe het saam met Clarke gaan help om die stoptekens terug te sit. “Die instandhouding van verkeerstekens en paaie is nie die verkeersdepartement se werk nie. Die stadsraad se tegniese span moet daarna omsien.

Raadslid Vincent Clarke saam met twee verkeersmanne, Alec Votyeka en Elijah Seripe, besig om stoptekens terug te sit op die hoek van Kock- en Smitstraat.
Raadslid Vincent Clarke saam met twee verkeersmanne, Alec Votyeka en Elijah Seripe, besig om stoptekens terug te sit op die hoek van Kock- en Smitstraat.

Die Herald het op sy Facebookblad gevra dat mense gebrekkige padtekens uitwys. Die versoek was vir minder as 24 uur aanlyn en teen spertyd het 26 lesers gevalle uitgewys. Die groot probleemareas is die hoeke van Goud- en Rissikstraat, Albert Luthuli- en Wilgen-, Gerrit Dekker- en Govan Mbeki-, asook MC Roode- en Nelson Mandela. Lesers het ook gekla oor spoedwalle in Bailliepark en op die Bult wat nie met waarskuwingstekens geverf is nie. In Strausslaan, Pieter de Villiersstraat en Steve Bikostraat is daar ook spoedwalle wat nie geverf is nie. Santi Britz, wyksraadslid op die Bult het haar wyk se probleme uiteengesit: “Steve Biko, twee spoedwalle sonder verf en waarskuwingsborde, Gerrit Dekker, spoedwal sonder verf, Molenstraat, twee voor Gimmies en twee voor Mooirivier Laerskool sonder verf, Thabo Mbeki, een voetoorgang nie sigbaar nie. “Byna alle stop- en vierrigtingstopstrate, ek skat sowat 60, se verfwerk is verslete,” het sy op Facebook gesê. Volgens Willie Maphosa, stadsraad woordvoerder, word die saak ondersoek.

Related Articles

Back to top button