NewsNews

Vrou se gil laat diewe hasepad kies

“Sonder om te dink het ek soos Godzilla op hulle afgestorm en my longe uit gegil.” So vertel Estelle van Rooyen oor die voorval by haar huis verlede Donderdagmiddag.

“Sonder om te dink het ek soos Godzilla op hulle afgestorm en my longe uit gegil.”
So vertel Estelle van Rooyen oor die voorval by haar huis verlede Donderdagmiddag.
Volgens Van Rooyen het sy omstreeks 12:25 twee onbekende mans in haar huis betrap. Sy het begin gil en op die mans afgestorm.
Hulle het so groot geskrik dat hulle dadelik die hasepad gekies het, maar sy het hulle agternagesit
“Ek vermoed ek het nogal ‘scary’ gelyk vir hulle,” vertel sy.
Soos wat die mans gevlug het, het hulle ’n tablet-rekenaar van die rak af gegryp.
“Eers nadat hulle weg was, het dit wat met my gebeur het, begin insink. Daar was egter nie tyd om te dink nie. Ek het net gereageer!”
Teen 13:20 het sers. Moses Koena en konst. James Mooketsi aan Van Rooyen se deur geklop met die gesteelde tablet-rekenaar en is een van die mans reeds in hegtenis geneem.
“Teen 14:30 het ek reeds my verklaring by die polisiestasie afgelê. ’n Saak is oopgemaak en een van die twee is agter tralies. Alles in twee ure se tyd,” vertel Van Rooyen.
Al wat oor was vir Van Rooyen om te doen was om ’n glasie wyn te skink.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het ’n lid van die gemeenskap die een man gevang toe hy ’n eiendom onwettig betree het. Dié persoon het die polisie gebel wat toe die tablet-rekenaar in die man se besit gekry het.
“Hulle het hom ondervra en agtergekom dat die tablet aan Van Rooyen behoort, waarna hulle dit aan haar terugbesorg het,” het Manyoba gesê.
’n Saak van onregmatige betreding en besit van vermoedelik gesteelde goedere word ondersoek. “Dit was ongelooflike diens van die polisie,” sê Van Rooyen. Die tweede man is later op aanklag van die besit van dwelms in hegtenis geneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button