Uit my dagboek: Nuwe pa: Perfekte voorbeeld

Daar was onlangs ’n ongelukkige voorval by Potchefstroom Gimnasium waar een seun ’n ander se kakebeen gebreek het. Die video van die bakleiery het soos ’n veldbrand versprei op sosiale media. Die seun wat die ander seun se kakebeen gebreek het, het op Facebook sy kant van die storie gestel.

Daar was onlangs ’n ongelukkige voorval by Potchefstroom Gimnasium waar een seun ’n ander se kakebeen gebreek het.
Die video van die bakleiery het soos ’n veldbrand versprei op sosiale media. Die seun wat die ander seun se kakebeen gebreek het, het op Facebook sy kant van die storie gestel. Ek moet sê dit het nogal “guts” gevat. Ek moet bieg, my eerste reaksie op die video was dat, as dit my kind was wat so geslaan word, het ek self die ander kind bygekom! As dit my kind was wat die houe uitgedeel het, sou ek hom die pakslae van sy lewe gee. Maar in retrospek, is dit nie juis sulke soort optrede, om geweld met geweld te beantwoord, wat lei na nog geweld nie? ’n Bose kringloop wat nooit eindig nie.
Hier lê my probleem as ’n pa. Ek wil nie hê my seun moet ooit die man aan die ontvangkant wees nie, maar ek wil hê hy moet vir homself kan opstaan wanneer hy gedreig word met sulke geweld. Tog wil ek ook nie hê hy moet so vol van homself wees dat sy eerste opsie geweld is nie. Baie mense in dié voorval by Gimmies blameer die ouers en die opvoeding wat die seun gekry het, sommiges blameer die skool. In my opinie moet albei ouers en die skool ‘n bietjie blaam kry vir wat daar gebeur het. Iemand baie slimmer as ek het op ’n dag vir my gesê kinders volg nie reëls nie. Kinders volg voorbeelde. My ma het altyd vir my gesê maak soos ek sê en nie soos ek doen nie. Dit alles sink nou by my in. Aiden gaan optree soos ek optree, maak nie saak wat ek vir hom probeer sê nie. ‘n Mens sal nooit perfek kan wees nie, maar ‘n mens kan dalk streef om die perfekte voorbeeld te wees.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version