NewsNews

‘Ons het genoeg gehad’, sê renoster-eienaar

“Dit was ’n ma met ’n jong kalf. Die stropers gaan uiteindelik al die renosters stroop, daarom raak ons nou maar van hulle ontslae voor dit gebeur.” So sê ‘n ontstoke Deon Fourie nadat die vierde renoster se horing reeds op hul plaas buite Potchefstroom gestroop is.

“Dit was ’n ma met ’n jong kalf. Die stropers gaan uiteindelik al die renosters stroop, daarom raak ons nou maar van hulle ontslae voor dit gebeur.”
So sê ‘n ontstoke Deon Fourie nadat die vierde renoster se horing reeds op hul plaas buite Potchefstroom gestroop is. Die kalf is na die voorval deur die Fouries na ’n reservaat geneem waar dit met die hand grootgemaak gaan word.
“Die kalfie is nog baie klein, ons skat so ses maande. Ons het nog ’n koei wat ’n kalf het, maar wil nie nog ’n dier verloor nie,” het Fourie gesê. Die oorblywende renosters is Dinsdag en Woensdag weggeneem, waarna hulle verkoop sal word.
“Ons het genoeg gehad, ons wil nie nog diere verloor nie,” sê Fourie.Dit is volgens hom ook ’n sekuriteitsrisiko, omdat daar families op die plaas woon.

Die oorblywende renosters is gedurende die week verwyder voordat hulle verkoop gaan word.
Die oorblywende renosters is gedurende die week verwyder voordat hulle verkoop gaan word.

Hy sê hulle wil hulself ook beskerm teen gewapende rowers en hulle nie nog redes gee om op die plaas te kom nie. Dié renoster is die vierde een wat op die plaas gestroop is. Die ander drie is vroeër vanjaar gestroop, twee in Maart en een in Junie. Volgens Fourie is sy pa besig met bouwerk by sy huis. Toe die kontrakteurs Vrydagoggend by die hek inry, het hulle op renoster se karkas afgekom. Alles was nog in plek toe hulle die vorige middag weg is. Dit moes dus Donderdagaand of vroeg Vrydagoggend gebeur het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button