R20 000 se geskenk vir sewende verjaarsdag

R20 000 vir sy verjaarsdag is ‘n groot geskenk vir ‘n 7-jarige!

R20 000 vir sy verjaarsdag is ‘n groot geskenk vir ‘n 7-jarige!
Wel, dit was darem nie vir homself nie! Dit is die bedrag wat Liam Erlank vir die Potchefstroom DBV op sy verjaarsdag ingesamel het. In plaas van geskenke vir homself te koop, het Liam, net soos verlede jaar, gevra dat mense kos vir die DBV skenk.

 

Die gemeenskap het sowat R10 000 se kos, komberse en ander produkte geskenk en die Mooirivier Mall en Game het saam besluit dat hulle enigiets wat Liam insamel sal ewenaar.
Dit het dus die waarde van die skenking op R20 000 te staan gebring. Mooirivier Mall het vir Liam ’n Mooirivier Mall-koopbewys van R1 000 gegee.

Maritsa Wiggill, GM MooiRivier Mall, Ryno Meiring, Marketing Manager, Mildred Maseng en Johannes Legae van GAME

Liam het saam met sy maats ‘n verjaarsdagpartytjie by die DBV gehou, waar die Potchefstroom Rotariërs vir Liam ‘n sertifikaat van meriete oorhandig het. Die Potch Boys High Interact-groep was weer by die partytjie om nog hondebedjies saam met Liam en sy maats te verf. Darren Kruger, voorsitter van die DBV, het aan Liam gesê dat sy ouers hom baie mooi grootgemaak het. “Jy weet waaroor gaan dit, nou moet jy net grootword dat jy by my kan oorneem,” het Kruger gesê terwyl hy Liam omhels het.

 

Johnny Ford van die Potch Mooi Rotariërs en Darren Kruger van die DBV saam met Liam Erlank

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version