NewsNews

‘Kan straatkinders dan net doen wat hulle wil?’

“Kan hulle maak soos hulle wil?” is die vraag wat ‘n inwoner vra oor straatkinders, of “gomsnuifers” soos wat sommige mense hul noem.

“Kan hulle maak soos hulle wil?” is die vraag wat ‘n inwoner vra oor straatkinders, of “gomsnuifers” soos wat sommige mense hul noem.
Inwoners van Siesta woonstelle sit met hul hande in die hare oor ’n groep van dié kinders in hul omgewing.
‘n Bejaarde egpaar sê hulle weet nie meer watter kant toe nie.
“Die polisie sê hulle kan niks doen nie, omdat die kinders nie die wet oortree nie. Dit lyk nie asof die stadsraad wil help nie. Hulle veroorsaak skade vir die besighede en inwoners, maar niemand doen iets nie,” sê hulle.
Daar is baie pensioenarisse wat in die gebied woon en hulle word glo geteister as hulle winkels toe stap.
Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, sê tensy daar wette oortree word, kan die polisie niks doen nie. Indien vermoed word dat enige wette oortree word, moedig hy mense aan om dadelik die polisie te skakel.
Dit los egter nie die probleem op nie, sê inwoners van die omgewing. “Hulle vloek en skel wanneer mens nie vir hulle geld gee nie. Hulle urineer in die straat en braak op die sypaadjie. Hulle lê en snuif gom sommer so op die sypaadjie en asblikke word uitgegooi. Hulle maak vuur teen die mure en bome in die omgewing. Ek kan nie glo dat daar niemand is wat die probleem kan aanspreek nie.”

Die vullis sakke wat oopgeskeur en gestrooi word.
Die vullis sakke wat oopgeskeur en gestrooi word.

Die Thakaneng projek in Ikageng is ’n plek van veiligheid waar dié kinders kan heengaan, maar hulle kan nie gedwing word om daar te bly nie.
Volgens die wyksraadslid, mnr. Hans-Jurie Moolman, is dit ‘n probleem wat binne die grondwetlike bevoegdheid van die nasionale departement van sosiale ontwikkeling val.
“Maatskaplike dienste is toegerus om kragtens die nasionale Kinderwet in hierdie omstandighede te kan ingryp. Dit val met ander woorde nie binne die kader van die grondwetlike bevoegdhede van die plaaslike regering nie,” sê Moolman.
Hy het reeds met aanvang van sy termyn in 2011 in samewerking met die Sakekamer probeer om alle gemeenskapsorganisasies en kerke betrokke te kry by die vestiging van ‘n gemeenskaplike vesting vir haweloses waar daar, buiten ingrype in persone se finansiële welstand, ook stappe gedoen kan word om persone uit die posisie van afhanklikheid en werkloosheid te rehabiliteer tot nuwe en selfstandige lede van die gemeenskap.
“Die idee was dat ons die maatskaplike verantwoordelikheid van die gemeenskap deur een fasiliteit sou kanaliseer en dat ons die probleem holisties sou aanspreek. Dit sou die wetstoepassers dan ook in staat stel om meer aggressief op te tree teen persone wat nie van die geleentheid wou gebruik maak nie, en hul skuldig maak aan die optrede waaroor daar gekla word.
“Die probleem hiermee is dat so iets afhanklik sou wees van skenkings en inisiatief van die gemeenskap indien die nasionale regering nie self so iets in plek sou stel nie. Dit is werklik al manier waarop ons as gemeenskap die probleem tot by sy wortel sal kan oplos. Ons kon tot op hede ongelukkig nie daarin slaag nie,” het Moolman gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button