200 ton goudstof in nywerheidsgebied

200 ton onwettige goudstof is deur die Valke in ’n pakhuis in die nywerheidsgebied gevind. Volgens die Valke se woordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, is die goudstof gedurende ’n polisie-operasie gevind.

200 ton onwettige goudstof is deur die Valke in ’n pakhuis in die nywerheidsgebied gevind.
Volgens die Valke se woordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, is die goudstof gedurende ’n polisie-operasie gevind.
Die operasie het Maandag plaasgevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar volgens Mulaudzi is twee verdagtes aan hulle bekend.
“Die oorsprong van die goudstof is aan ons bekend, maar kan nie bekendgemaak word nie, omdat die ondersoek tans nog aan die gang is.
Die waarde van die goudstof is nog nie bepaal nie, maar dit beloop waarskynlik miljoene rand,” het Mulaudzi gesê.
Dié vonds is volgens die polisie ’n deurbraak in die ondersoeke na onwettige mynbou-sindikate.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version