CommunityNews

Rommelstrooi-skande langs parkrun-roete

Die Parys parkrun het in die afgelope maande baie gewild geword onder stappers en drawwers van alle ouerdomme wat die prag natuurskoon langs die roete al langs die Vaalrivier geniet.

Die Parys parkrun het in die afgelope maande baie gewild geword onder stappers en drawwers van alle ouerdomme wat die prag natuurskoon langs die roete al langs die Vaalrivier geniet.

Maar weinig van hierdie nagenoeg 70 deelnemers wat elke Saterdag die 5km kom stap of draf, of selfs Parysenaars weet dat ’n handjievol vrywilligers sonder vergoeding Saterdag na Saterdag moet inspring om die rommel langs die roete op te ruim. Ongelukkig is daar week vir week piekniekgangers en hengelaars wat hul rommel op die rivieroewer laat en selfs mense wat onwettig hier hul vullis kom stort. ’n Baie ondankbare taak vir hierdie sowat 10 mense wat die gemors moet opruim.

Aanvanklik was die grootste probleem in die Mimosa Tuine self waar die roete begin, maar sedertdien bring die munisipaliteit hul kant en ruim hier op. Nou is die grootste probleem weer in die omgewing van die Rotary-kamp.

Die weeklikse parkrun is een van die groot vertoonvensters van die prag van die dorp juis aan besoekers van wie se voortbestaan die dorp en sy besighede afhanklik is. Juis daarom word inwoners se samewerking gevra. Die rivier is daar vir almal om te kan geniet. Om hier jou vuilgoed te stort is nie net onwettig en onbedagsaam nie, maar hou ook ’n gevaar in vir ons omgewing. Maak die taak van hierdie sowat 10 vrywilligers wat elke Saterdag al net na 07:00 die rivieroewer begin skoonmaak makliker en ruim op waar jy gemors het.

Related Articles

Back to top button