AfriForum-buurtwagte snoer kragte saam teen Noordwes-misdaadbende

AfriForum se buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) in Hartbeespoort en omliggende gebiede in Noordwes is op ʼn gereedheidsgrondslag om die “breekysterbende”, wat die gebied teister, te stuit.

Die Noordwes-polisie het ʼn waarskuwing uitgereik oor ʼn bende wat glo verbind word met verskeie huisbraakvoorvalle en inbrake by ses huisies van ʼn plaaslike lodge waartydens breekysters aangewend is om toegang te verkry.

“Gemeenskappe moet nou hande vat. Ons is bekommerd dat die bende na naburige dorpe sal beweeg waar hulle kans om vasgetrek te word kleiner is. Dorpe soos Brits, Mooinooi en Rustenburg is tans sagte teikens, omdat buurtwagte nie as ʼn eenheid mobiliseer nie,” sê Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes.

“As gevolg van georganiseerde buurtwagte en GPF’s wat saam met die polisie werk, is ons ʼn sterk mag wat vasbeslote is om die bende aan die pen te laat ry.”

Exit mobile version