NewsNews

Polisievoertuig ry boom middeldeur

“Ek het ’n slag gehoor en toe ek uitkom het ek net stof gesien - en toe eers die bakkie!”

“Ek het ’n slag gehoor en toe ek uitkom het ek net stof gesien – en toe eers die bakkie!”

So vertel Mornè de Villiers oor ’n polisievoertuig wat Dinsdagoggend omstreeks 00:10 deur sy muur gery het. “Ek het vir die een polisiebeampte gevra wat gebeur het, en al wat hy vir my gesê het was ‘’n ongeluk is ’n ongeluk’”, vertel De Villiers. Hy sê hy het in die huis ingehardloop om sy selfoon te gaan haal en toe hy terugkom was die ambulans reeds op die toneel.

“Die bestuurder van die voertuig het dadelik in die ambulans ’n drip in sy arm gekry. Volgens De Villiers het die voertuig van die oorkant van die pad oor die sypaadjie, deur ’n boom en uiteindelik deur sy muur gery. “Daar was nie eers ’n remmerk op die pad nie. Hulle moes teen ’n baie hoë spoed gery het,” meen hy.

Die spoedgrens in die straat is 60 km. Volgens De Villiers het hy met van die forensiese beamptes op die toneel gepraat en die voertuig kom van Ikageng polisiestasie af en dat dit is snaaks dat ’n Ikageng bakkie in dié omgewing is. Die beamptes wat in die bakkie was het vir my gesê dat hulle vir ’n ander voertuig uitgeswaai het, maar daar was nie ’n ander voertuig op die toneel nie. Binne minute was daar seker 10 polisievoertuie,” sê De Villiers.

Die een beampte het vir my gesê ek moet my versekering bel. Ek gaan egter nie dat my versekeringspremie meer word omdat hulle in my muur vasgery het nie. “Hulle moet dit regmaak. Die hele muur moet oorgebou word,” sê hy.

Kaptein Mvula Chaka van die polisie het bevestig dat ’n saak van nalatige en roekelose bestuur ondersoek word. Daar was geen ernstige beserings nie.

Mornè de Villiers kyk na die boom wat middeldeur gery is. Foto: Dustin Wetdewich
Mornè de Villiers kyk na die boom wat middeldeur gery is. Foto: Dustin Wetdewich
Dié motor het op 15 Junie deur Gimmies se sportgronde se hek en muur gery. Daar was geen ernstige beserings nie. Foto: ER24
Dié motor het op 15 Junie deur Gimmies se sportgronde se hek en muur gery. Daar was geen ernstige beserings nie. Foto: ER24

Related Articles

Back to top button