CompetitionsLifestyleNewsNews

Windpomp in die kleine

Noem hom ’n planmaker, ’n boer in murg en been en ’n man wat ken van windpompe. Dit is die 77-jarige Jan Jacobs van Parys, of Jan Windpomp soos hy alom bekend is.

Noem hom ’n planmaker, ’n boer in murg en been en ’n man wat ken van windpompe. Dit is die 77-jarige Jan Jacobs van Parys, of Jan Windpomp soos hy alom bekend is.

Hoewel oom Jan vanjaar weens omstandighede nie soos gebruiklik vir die Graan SA/ Omnie Boerepatentekompetisie kon inskryf nie, was sy hande beslis nie stil nie. Hy het gewerskaf aan dié miniatuur windpomp wat sowaar water pomp.

Vir twee weke lank het hy gewerk aan die fynste detail. Die windpomp wat presies soos sy groter weergawe lyk, is gemaak vir sy seun, Samuel, ’n siviele ingenieur van Johannesburg.

Skaars was die windpomp klaar of oom Jan het bestellings gekry vir nog van sy windpompe. Verlede jaar het oom Jan ’n derde prys verower by die Graan SA/Omnia Boerepatentekompetisie in Bothaville vir sy weldeurdagte planne vir windpomptoerusting waarvoor hy 25 patente kon inskryf in die kategorie masjinerie, implemente en landboutoerusting. In 2005 is ’n eerste plek vir sy patent van ’n windpomp met ’n ewenaar by dieselfde Boerepatentekompetisie aan hom toegeken.

Sy eerste windpomp het hy in 1966 gebou en sedertdien is dit al meer as 50 jaar dat hy met windpompe doenig is.
Al het hy al twee keer van windpompe afgeval – eers in 1994 9m ver, en in 2004 ’n hele 11m ver, het hierdie boer en planmaker nog lank nie sy passie vir windpompe verloor nie.

Related Articles

Back to top button