NewsNews

Oupa (62) sterf in gru-ongeluk op pad huis toe

’n 62-jarige oupa is Maandagaand omstreeks 19:00 dood na ’n kop-aan-kop-botsing op die Parys-pad.

’n 62-jarige oupa is Maandagaand omstreeks 19:00 dood na ’n kop-aan-kop-botsing op die Parys-pad.

Mnr. Billy Dednam is dood nadat sy voertuig met ’n bakkie gebots het op dié pad naby Rooipoortjie. Die bestuurder van die bakkie is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Die pad was vir ’n wyle gesluit terwyl die nooddienste op die toneel besig was. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het Dednam op die toneel beswyk.

“Dit voel nog so onwerklik, my oom bly al jare lank in Potchefstroom. My oom was ’n liefdevolle mens, altyd reg vir ‘n grappie. Hy het ’n wonderlike persoonlikheid gehad. Hy was altyd bereid om enige iemand te help,” vertel Cathy Rossouw, mnr. Dednam se susterskind.

Volgens Rossouw was hy op pad huis toe nadat hy sy vrou, Annatjie, by die hospitaal waar sy werk afgelaai het toe die ongeluk gebeur het. Hy word oorleef deur sy vrou, twee seuns, ‘n dogter en drie kleindogters.

Die bakkie waarmee mnr. Dednam se voertuig gebots het. Foto: ER24
Die bakkie waarmee mnr. Dednam se voertuig gebots het. Foto: ER24
Mnr. Billy Dednam (62), wat in ‘n ongeluk dood is. Foto: verskaf
Mnr. Billy Dednam (62), wat in ‘n ongeluk dood is. Foto: verskaf

Related Articles

Back to top button