NewsNewsSportSport

Midvaal kraai koning

MEYERTON. - Die Laerskool Midvaal se o.13-netbalspan het Saterdag sy staal gewys toe hy die Laerskool Emfulenipark in die halfeindronde met 21-4 en die Laerskool DF Malherbe met 21-14 in die eindstryd geklop het om as die Sedibeng-kampioen gekroon te word.

MEYERTON. – Die Laerskool Midvaal se o.13-netbalspan het Saterdag sy staal gewys toe hy die Laerskool Emfulenipark in die halfeindronde met 21-4 en die Laerskool DF Malherbe met 21-14 in die eindstryd geklop het om as die Sedibeng-kampioen gekroon te word. Met dié sege kwalifiseer die skool om aan die Gauteng-kampioenskap op 16 Junie in Boksburg by die Hoërskool Dr. EG Jansen deel te neem.

So het die skole in die Sedibeng D7 en D8-liga geëindig: o.10A: 1. Laerskool Vryheidsmonument, 2. Laerskool Midvaal, 3. Laerskool Kollegepark en 4. Laerskool Risiville. o.10B: 1.Laerskool Risiville, 2. Laerskool Kollegepark, 3. Laerskool Vryheidsmonument en 4. Laerskool Emfulenipark. o.12A: 1. Risiville, 2. Vryheidsmonument, 3. Kollegepark en 4. Emfulenipark. u.12B: 1. Risiville, 2. Vryheidsmonument, 3. Kollegepark en 4. Volkskool.

o.13A: 1. Midvaal, 2. DF Malherbe, 3. Kollegepark en 4. Emfulenipark. o.13B: 1. Risiville, 2. Kollegepark, 3. Volkskool en 4. Emfulenipark.

Die volgende spanne gaan Dinsdag 16 Junie by die Hoërskool EG Jansen in Boksburg aan die Gauteng Laerskole netbal kampioenskap deelneem:

o.12A: Risiville en Vryheidsmonument. o.13A: 1. Midvaal en 2. DF Malherbe.

Related Articles

Back to top button