Kgwadi word wel gedreig

“F@k die swart VC, Los ons kampus,” lui een van die e-posse wat aan prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU gestuur is.

“F@k die swart VC, Los ons kampus,” lui een van die e-posse wat aan prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU gestuur is.

Dié e-pos is na bewering gestuur vanaf ’n groep wat hulself die Pukkeboys noem. Daarom bly hy nie in die ampswoning nie. Volgens Willie du Plessis, skakelbeampte van die NWU het prof. Kgwadi oorspronklik op 1 April 2014 nie in die woning ingetrek nie omdat dit toe binnekort ’n groot opknapping sou ondergaan, wat die vervanging van die grasdak sou insluit.

Dié instandhouding is eers teen Desember voltooi. Prof. Kgwadi het egter uit sommige oorde ’n ysige verwelkoming van Potchefstroom ontvang, wat rassistiese e-posse en oproepe ingesluit het. “Pak jou tas en f@k uit Potchefstroom uit,” was deel van ’n telefoniese oproep aan prof. Kgwadi.

Volgens Du Plessis het prof. Kgwadi by ’n gastehuis aangebly nadat daar besluit is dat die sekuriteit by die ampswoning nie voldoende is nie. Intussen word die ampswoning steeds deur die NWU onderhou. “Die tuine word in stand gehou en daar is ook ‘n huiswerker op die perseel, beide teen addisionele betalings. “Hoewel prof. Kgwadi nie tans by die huis woon nie, word die perseel van tyd tot tyd vir amptelike NWU-funksies gebruik,wat onder meer die onlangse Rapport-topdosent-toekennings ingesluit het.

Verdere beplanning ten opsigte van die uitbreiding van sodanige gebruik is tans onder bespreking,” het du Plessis gesê.

Rapport het onlangs berig dat prof. Kgwadi vrees vir sy lewe.

Exit mobile version