Editor's choiceHealthLifestyleNewsNews

‘Mense moet weet wat hier aangaan’

Een van die inwoners van Blyvoor het die afgelope week vertel hoe dit voel om kop bo water in dié myndorp te probeer hou na die watertoevoer reeds die afgelope twee weke afgesny is.

Een van die inwoners van Blyvoor het die afgelope week vertel hoe dit voel om kop bo water in dié myndorp te probeer hou na die watertoevoer reeds die afgelope twee weke afgesny is.

“Mense weet nie hoe dit is om hier te bly sonder water nie. Dit is regtig onmenslik. Ons mense wat hier bly is onskuldig by die hele probleem betrek. Die mense wat destyds die myn gekoop en alles net so laat staan het, leef nou in weelde terwyl ons in die grond in gedruk word.

“Almal met wie ek sover gepraat het, is bereid om R200 of R300 ‘n maand vir water te betaal as dit net weer aangesit kan word,” het een van die benadeelde inwoners, mev. Lezandra du Plessis, Vrydag aan die Herald vertel.

Du Plessis het drie kinders, waarvan die oudste agt jaar en die jongste ‘n baba is wat nog doeke dra. “Gelukkig is daar iemand op die kleinhoewes wat ons met water help. My kinders se juffrou in Carletonville bad hulle ook vir my voor hulle huis toe kom. Ons het egter net genoeg water om twee keer ‘n dag die toilet te kan spoel. Ek gaan ook nou deur baie pakkies “wet wipes” wat baie duur is en waarvoor ‘n mens nie begroot het nie. ‘n Mens het ook nou skielik ander uitgawes soos wegneem-etes waarvoor jy nie begroot het nie. Ons is egter van die gelukkiges, want ons het mense wat ons help.

Ek gee van die water wat ek kry vir my buurvrou wat ver swanger is en haar huishulp, want ek weet nie hoe hulle anders sal oorleef nie. Daar is egter ander mense wat nie sulke hulp het nie,” het Du Plessis vertel.

Related Articles

Back to top button