20 jaar geledeBlogsEditor's noteNewsOpinions

A flate rate 4 all or no flat rate at all’, sê KP in 1995

Op die voorblad van die Herald van 12 Mei 1995 word berig oor ’n landwye aksie van die destydse Konserwatiewe Party (KP) met die wekroep, A flat rate 4 all or no flat rate at all.

Op die voorblad van die Herald van 12 Mei 1995 word berig oor ’n landwye aksie van die destydse Konserwatiewe Party (KP) met die wekroep, A flat rate 4 all or no flat rate at all.

Die KP het hulle beroep op Artikel 178 (2) van die Grondwet wat lees “….dat binne elke plaaslike regering sodanige eiendomsbelasting, heffings, gelde, belastings en tariewe op ’n eenvormige struktuur vir sy regsgebied gegrond moet wees.”

Die KP het derhalwe Potchefstromers, wat in daardie stadium nog nie ’n flat rate betaal het nie, aangemoedig om aansoek te doen om ook net ’n flat rate te betaal. Hulle het aangevoer dat hulle dit sal ondersteun om wel vir dienste te betaal op grond van verbruik, maar dan moet afstand gedoen word van die flat rate sodat gelykberegtiging kan plaasvind.

In reaksie hierop het die stadsraad gesê hulle werk in die rigting om die sogenaamde flat rate uit te skakel, maar dat praktiese probleme dit moeilik maak omdat nie alle huise in die sogenaamde agtergeblewe gebiede byvoorbeeld watermeters het nie. In dieselfde uitgawe word berig dat Potchefstroom nou ’n tuiste vir straatkinders het. Behalwe die stadsraad was verskeie welsynsorganisasies en kerke by die stigting betrokke. Een van die probleme met straatkinders wat uitgewys is, is dat baie min van hulle werklik ouerloos is en dat ouers selfs hul kinders strate toe stuur om te bedel. Daar word ook berig oor twee “verkeersbeamptes” wat ’n vragmotor vol duur toerusting gekaap het.

Twee mans wat hulself as verkeersbeamptes voorgedoen het deur glimbaadjies te dra, het die bestuurder van die vragmotor voorgekeer, vasgebind, geblinddoek en in die veld afgelaai. Hulle het daarna met die vragmotor weggery. Daar word ook berig oor ’n baie interessante stokperdjie tentoonstelling wat in dié tyd plaasgevind het. Die idee was dat mense wat as stokperdjie items vervaardig, dit tydens so ’n tentoonstelling kan verkoop. Die vereistes was “enige produk wat self vervaardig, gekweek of geteel” was.

Nou ja, dit het gebeur en later doodgeloop. Toe was daar wat bekend was as die Faan Oliviermark, wat iets soortgelyk was, nog later ’n gereelde kunsmark in die park naby die munisipaliteit en tans is daar mos die Life Market elke eerste Saterdag van die maand by Snowflake. Dit was natuurlik toe ook, soos nou, weer jagtyd en dr. Jim Cameron het vir die Herald ’n gereelde jagrubriek geskryf. Dit het bestaan uit baie interessante vertellings uit sy eie dae as grootwildjagter, gids en ervarings met ander jagters. In die daaropvolgende uitgawe, dié van 16 Mei 1995, sê ’n woordvoerder van die verkeersdepartement sigbare verkeerspolisiëring het ’n positiewe invloed op 85 persent van alle padgebruikers. Vyftien persent is gewoonte-verkeersoortreders wat deur streng wetstoepassing binne die voorskrifte van die wet gedwing moet word. Dit is glo statisties bewys.

Dié uitspraak is gemaak toe die stadsraad besluit het om in daardie stadium spoedmeting deur middel van kameras ook in die woongebiede te doen. Tot op daardie stadium is kameras net op die toevoerpaaie rondom die stad gebruik en daar was selfs ’n landwye polemiek oor die gebruik van kameras in woongebiede.

Related Articles

Back to top button