Man brutally attacked and stabbed

Die Herald het weer oor verskeie nuusberigte in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig. A Carletonville man was brutally attacked and stabbed by three unknown assailants while a nearby security guard allegedly stood by and watched without going to his assistance. Three unidentified men approached him, and without warning, attacked. A fierce fight followed …

Die Herald het weer oor verskeie nuusberigte in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig.

A Carletonville man was brutally attacked and stabbed by three unknown assailants while a nearby security guard allegedly stood by and watched without going to his assistance. Three unidentified men approached him, and without warning, attacked. A fierce fight followed as Mr Kock attempted to defend himself. He was stabbed three times in the back before his attackers fled, taking R200 in cash and Mr Kock’s keys.

‘n Jong vrou wat haar stiefpa doodgeskiet het nadat hy haar ma met ‘n sambok doodgeslaan het, is die vorige week in die streekhof in Oberholzer skuldig bevind op ‘n aanklag van moord. Me. Brenda Pienaar (31) van Weaverrylaan, Oos-Driefontein is Vrydag skuldig bevind aan die moord op haar stiefpa, mnr. Willem Janse van Vuuren. Haar broer Christo Pienaar (30) van dieselfde adres, is skuldig bevind op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

The last day of the term at Rockland Primary School was devoted to raising funds to charity and, sporting red noses, the pupils threw their hearts into showing that they cared for the less fortunate. The morning included fun and games and children were seen fishing sweets and apples out of water with their mouths or eating marshmallows and suckers hanging from pieces of strings.

‘n Grusame motorongeluk tussen Carletonville en Randfontein het die lewens van twee minderjariges geëis en nog twee is ernstig beseer. Yvonne Michelle Taylor (19) van Pretoria en haar vriendin Nicola Rink (19) van Krugersdorp, het hul broers Gareth Rink (16) en Graham Taylor van Potchefstroom Boys High opgelaai kort voor hul motor buite beheer geraak na ‘n band gebars het. Die motor het van die pad geloop en verskeie kere gerol. Yvonne is op slag dood terwyl Gareth later die aand in die Johannesburgse Hospitaal oorlede is.

Die vinnige optrede van lede van die polisie in Carletonville het daartoe gelei dat ‘n dief wat ‘n motor gesteel het, agter slot en grendel is. Mnr. André van Zyl van Eggo Janstraat, het wakker geword, ‘n man by hul erf sien uithardloop en gesien hoe ’n ander een sy Toyota Hilux-bakkie in die teerpad voor sy huis aanskakel en wegry. ‘n Geskokte mnr. Hy het dadelik die polisie geskakel, waarna die man by die kruising van Ada- en Suidstraat gearresteer is.

Exit mobile version